Skip to main content

Die sonde teen die Heilige Gees

Die sonde teen die Heilige Gees is om Hom te laster, om sy invloed op die werk van Jesus aan die Satan toe te skryf, soos die Fariseërs gedoen het. Dit lei tot ‘n onberoulike, morele en geestelike opstand teen God waarmee jy jou eie gewete verkrag en toeskroei. Dit is ‘n “deliberate, open-eyed rejection of the known truth.” (John Stott). Dit is om die duisternis liewer te hê as die lig. En daarin te volhard. Tot die einde toe. Tot die dood toe.

Om God te laster

Markus verwoord dit so:

Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel — omdat hulle gesê het: Hy het ’n onreine gees.” (Mark 3:28-30).

Matteus verwoord dit so:

Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.” (Matt 12:31-32).

Lukas gebruik nie die term in sy weergawe van dié gesprek nie (Luk 11:14-23).

Johannes laat dié verhaal uit in sy evangelie, maar verwys na ‘n sonde tot die dood wat waarskynlik hiermee verband hou, waarop ek hieronder sal uitbrei.

Sonde tot die dood

Die “sonde teen die Heilige Gees” is per definisie deel van wat Paulus en Jakobus die sonde noem wat tot die dood lei (Rom 6:16; Jak 1:15). Hierdie tipe sonde word gepleeg deur iemand wat in die sonde volhard – enige sonde – nooit die Here om vergifnis vra nie, nooit tot geloof en bekering kom nie, en sterf sonder enige verandering.

Só iemand sal die ewige lewe nooit sien nie, sê die Hebreërskrywer:

Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Hebr 6:4-6).

Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: “If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible” (Word kommentaar).  Let op die “”should“, want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik vir sy gehoor nie.

Hoekom sou hierdie afvalligheid só erg wees, as ‘n mens ter wille van die argument sou bedink?  Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word.  Presies wat bedoel word met die sonde teen die Heilige Gees.

Johannes praat ook van ‘n sonde wat tot die dood lei wat hiermee verband hou en nog helderder aan die sonde teen die Heilige Gees verbind kan word as in Paulus en Jakobus se geval.

Johannes sê: “As iemand sy broeder ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.” (1 Joh 5:16-17).

Daar is drie verklarings hiervan, waarvan al drie vir my van toepassing is, maar die derde een die meer waarskynlike is:

1. Sommige verbind hierdie sonde tot die dood aan die sondes wat volgens die wet van Moses met die dood gestraf moes word. Hulle verwys na Lev 18-20 met die lyste van seksuele sondes waarby Romeine 1:18-32 aansluit en dit duidelik in die laaste vers stel: “Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.” ‘n Belangrike waarskuwing.

Dit kan ook miskien verwys na “opsetlike sondes” wat volgens die OT wet onvergeefbaar was (bv opsetlike moord Eks 21:14). Dit geld egter enige sonde waarvan nie tot inkeer gekom word nie, soos Samuel die volk gewaarsku het dat as hulle nie tot bekering kom van hulle sondes nie, en opsetlik aangaan daarmee, hulle uitgewis sal word (1 Sam 12:25).

Dawid bid roerend dat hy beskerm sal word teen opsetlike sondes, want dit sal ‘n streep trek deur God se vergifnis (Ps 19:13). Dieselfde geld ook die NT gelowiges soos die Hebreërskrywer ons ook waarsku: “As ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie.” (Hebr 10:26).

2. Ander verbind dit aan ‘n totale afvalligheid waarin afgode gedien word, soos Johannes self teen waarsku aan die einde van die perikoop: “Bewaar julleself van afgode.” (1 Joh 5:21).

3. Die verklaring wat vir my die meeste sin maak, maar met veral in die ooreenkoms met die wyse waarop die ander evangelies daaroor skryf, is dat Johannes ook hier skrywe oor die sonde of lastering teen die Heilige Gees.

Bedroef en weerstaan

Daar is ander plekke waar gepraat word van die Heilige Gees bedroef (Ef 4:30) of weerstaan (Hand 7:51), maar dit op sigself is nog nie die sonde teen die Heilige Gees nie, tensy dit natuurlik sy volle loop neem in só ‘n persoon se lewe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda