Miga – God heers nou en vir altyd

Inleiding

prayer-shawlDie profeet Miga – jonger tydgenoot van Jesaja, en die eerste geslag ná die vroeëre profete Jona, Hosea en Amos – was van Moreset, 40 km suid-wes van Jerusalem. Hy was dus een van die Judese profete. Hy tree oor ‘n lang tydperk van ongeveer 50 jaar op in die tyd van drie van die Judese konings: Jotam (752-736 v.C.), Agas (736-716 v.C.) en Hiskia (715-686 v.C.), hoewel hy sowel die noordelike ryk (Samaria) as die suidelike ryk (Jerusalem) aanspreek (1:1). Sy boodskap het ook beslissende implikasies vir die nasies van die hele aarde (1:2; 4:1; 5:14).

Die boek Miga, sesde in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, verkondig die noodsaak om die genadige God – soos Jona dit verwoord – se heerskappy te erken, want dieselfde oordeel wat Jona oor Nineve uitgespreek het, sal ook oor Israel en Juda voltrek word, as hulle hul nie tot die Here bekeer nie. Wat vra die Here immers anders van hulle: “as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om noulettend die pad saam met jou God te loop?” (Mig. 6:8). God verwag immers nie soseer getrouheid in die nakoming van godsdienstige rituele nie, maar getrouheid in ‘n gehoorsame lewenswyse.

Soos die boek Amos, veroordeel Miga sowel sosiale ongeregtigheid (oneerlike handelaars, leiers wat omkoopgeskenke verwag) as wanpraktyke op godsdienstige gebied (niksseggende godsdienstige rituele). Hy vat ook die vals profete aan sowel as die profete wat net op winsbejag uit is. Dit is ook duidelik dat die agtergrond van sy boodskap van oordeel en verlossing in die verbondsbeloftes van die strawwe en seën van Deuteronomium 28-30 begrond is.

Miga voorspel duidelik die val van Samaria en die noordelike ryk wat ‘n paar dekades na hy begin optree het – in 722 v.C. – plaasgevind het (1:6: “Daarom sal Ek van Samaria ‘n puinhoop maak, ‘n stuk veld vir die aanplant van wingerd. Ek sal haar klippe in die vallei laat afrol, haar fondamente blootlê.”) sowel as dié van Jerusalem en die suidelike ryk in 586 v.C., hoewel dit eers amper twee eeue later gebeur het (3:12: “Daarom, deur julle toedoen sal Sion ‘n omgeploegde veld word; Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg oorgroeide heuwels.”).

Tog skets Miga ook hoop vir die toekoms, selfs in ballingskap (4:10), met ‘n visie van ‘n nuwe koning (5:1 vv.) en ‘n terugkeer na God wat uiteindelik alle nasies sal insluit (4:1-7), ‘n visie wat dié van Jesaja 2 eggo. Geen wonder dat hy ‘n reuse rol gespeel het in die geskiedenis van Juda nie, soveel so dat toe ‘n profesie van hom aangehaal word om Jeremia se lewe te probeer spaar, koning Jojakim nie anders kon as om daaraan gehoor te gee nie. Vergelyk Miga 3:12 (hierbo aangehaal) wat die leiers van die land in Jeremia 26:17-19 aanhaal om die koning te oortuig. Lees meer in my bydrae oor Jeremia 26 – Jerusalem sal soos Silo verwoes word.

Miga het ook die onderskeiding dat die skrifgeleerdes in die tyd van Herodes uit Miga 5:1 aanhaal om te bevestig dat die Messias in Betlehem gebore sal word (Matt. 2:5-6). Sy profesieë het dus duidelike Messiaanse trekke bevat, reeds 7 eeu voor die Here Jesus Christus se geboorte.

Indeling

Die boek wissel tussen profesieë van oordeel en verlossing. Ons gaan dit as volg lees:

  • 1:1-3:12 – Die Here beplan ‘n ramp teen die volk en hulle leiers
  • 4:1-5:14 – Die Here bring verlossing vir die hele wêreld onder sy heerskappy
  • 6:1-7:20 – Die Here bring redding vir dié wat Hom vertrou

Miga


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: