Skip to main content

Miga – God heers nou en vir altyd

Inleiding

prayer-shawlDie profeet Miga – jonger tydgenoot van Jesaja, en die eerste geslag ná die vroeëre profete Jona, Hosea en Amos – was van Moreset, 40 km suid-wes van Jerusalem. Hy was dus een van die Judese profete. Hy tree oor ‘n lang tydperk van ongeveer 50 jaar op in die tyd van drie van die Judese konings: Jotam (752-736 v.C.), Agas (736-716 v.C.) en Hiskia (715-686 v.C.), hoewel hy sowel die noordelike ryk (Samaria) as die suidelike ryk (Jerusalem) aanspreek (1:1). Sy boodskap het ook beslissende implikasies vir die nasies van die hele aarde (1:2; 4:1; 5:14).

Die boek Miga, sesde in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, verkondig die noodsaak om die genadige God – soos Jona dit verwoord – se heerskappy te erken, want dieselfde oordeel wat Jona oor Nineve uitgespreek het, sal ook oor Israel en Juda voltrek word, as hulle hul nie tot die Here bekeer nie. Wat vra die Here immers anders van hulle: “as om net te doen wat reg is, om troue liefde te bewys en om noulettend die pad saam met jou God te loop?” (Mig. 6:8). God verwag immers nie soseer getrouheid in die nakoming van godsdienstige rituele nie, maar getrouheid in ‘n gehoorsame lewenswyse.

Continue reading

Miga 1:1-3:12 – Die Here beplan ‘n ramp teen die volk en hulle leiers

prayer-shawlNá die inleidende eerste vers wat die boodskap van Miga histories plaas in die tweede helfte van die 8ste eeu v.C., in die tyd van Jotam, Agas en Hiskia (ongeveer 752-686 v.C.) kan hierdie drie hoofstukke in agt perikope opgedeel word. Die titels van die perikope gee jou alreeds ‘n goeie aanduiding van die vloei en boodskap van dié gedeelte:

  • 1:2-7 – Die Here is op pad om Samaria en Jerusalem se afgodsdiens te vernietig
  • 1:8-16 – Miga rou en huil oor hulle afvalligheid ongeneeslik en die ballingskap onvermydelik is
  • 2:1-5 – Die Here beplan die ramp van ballingskap weens hulle magsmisbruik t.o.v. besittings
  • 2:6-11 – Die Here vernietig hulle blyplek omdat hulle vrouens en kinders hulle blyplek ontneem het
  • 2:12-13 – Die Here belowe wel ‘n Koning wat hulle weer bymekaar sal maak
  • 3:1-4 – Die Here ignoreer die leiers weens hulle geweldadigheid in die regspraak
  • 3:5-8 – Die Here antwoord nie die profete wat net vrede praat nie
  • 3:9-12 – Die Here gee geen hulp aan die leiers weens hulle verdraaide regspraak en gierigheid nie

Die Here is die subjek van die profesie regdeur, behalwe vir 1:8-16 wat as Miga se woorde weergegee word, hoewel dit uiteraard ook deel van God se woorde aan die volk is.

Continue reading

Miga 4:1-5:14 – Die Here bring verlossing vir die hele wêreld onder sy heerskappy

prayer-shawlHierdie twee hoofstukke vorm die hart van die boek se boodskap as ‘n noodsaaklike kontrapunt met die oordeelsuitsprake van hoofstuk 1-3, al was daar darem reeds ‘n klein sprankie van hoop in 2:12-13 rondom die beloofde Messiaanse Koning wat as herder sal optree.

Die boodskap van hoop word as volg opgebou:

  • 4:1-8 – Aan die einde van die dae sal Jerusalem ‘n blywende ontmoetingsplek vir die nasies wees
  • 4:9-13 – Die Here sal die vermorseling van die ballingskap verander en sy volk die oorhand oor die nasies gee
  • 4:14-5:8 – Die Here sal ‘n sterk leier gee om hulle te red tot seën van die nasies
  • 5:9-14 – Die Here sal alle afvalligheid van Hom beëindig ook onder die nasies

Continue reading

Miga 6:1-7:20 – Die Here bring redding vir dié wat Hom vertrou

prayer-shawlMiga sluit sy boek af met twee hoofstukke waarin aan die een kant die regsaak wat die Here teen die volk aanhangig maak, aangekondig word sowel as die strawwe wat met hulle skuldigbevinding gepaard gaan. Dit lei tot groot ellende in mense se onderlinge verhoudinge met mekaar waaroor Miga ‘n roerende klaaglied aanhef: “Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. ‘n Man se huismense het sy vyande geword.

Aan die ander kant gryp Miga tog – juis ín die nood van die ramp wat hulle gaan tref – die genade van God vas en stel sy vertroue en verwagting daarop dat die Here weer sal vergewe en vernuwe. Hy herinner God aan sy Wese: “Wie is ‘n God soos U? … U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde.” En verkondig hierdie Godsbeeld dan as hoop aan die volk: “Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak,” in sy getrouheid aan Jakob en sy liefde aan Abraham volgens sy eed aan die aartsvaders.

Die titels van die perikope gee dié boodskap weer:

  • 6:1-8 – Die Here sit sy regsaak voort weens hulle gebrek aan regdoen, troue liefde en toewyding
  • 6:9-16 – Die Here se skuldigbevinding tref die volk met swaar strawwe
  • 7:1-6 – Miga kla oor die ellende wat alle verhoudige versuur
  • 7:7-20 – Miga stel sy vertroue en verwagting op God se genade wat weer sal vergewe en vernuwe

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda