Skip to main content

Genesis 17:1-8 – Ek is El Shaddai (God, die Almagtige). Leef voor My, en wees onberispelik!

3 Februarie

Genesis 17:1-8 – Ek is El Shaddai (God, die Almagtige). Leef voor My, en wees onberispelik!

1Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik! 2Ek wil my verbond tussen My en jou bekragtig en jou buitengewoon laat vermeerder.” 3Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: 4“Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van ‘n menigte nasies word. 5Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van ‘n menigte nasies maak Ek jou. 6Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom. 7Ek sal my verbond tussen My en jou en jou nageslag ná jou handhaaf, deur hulle geslagte heen, as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8Ek gee aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap, die hele land Kanaän, as eiendom vir altyd, en Ek sal vir hulle ‘n God wees.”

God se verhaal met Abram begin by ‘n roeping, ‘n opdrag. “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis na die land wat Ek jou sal wys.” (Gen 12:1). God gee vir Abram drie beloftes wat hom moet motiveer. Die belofte van land, ‘n nageslag, en betekenis (‘n “naam”). Maar dié beloftes kan net waar word as Abram die Here glo en sy roeping gehoorsaam. Die eerste deel van sy gehoorsaamheid was om die reis na die Beloofde Land te onderneem op God se bevel (Gen 12:4). En Abram kom inderdaad aan in die land Kanaän (Gen 12:7); ontvang meer inligting oor sy nageslag – dit sal sy eie kind wees, al is Abram nog kinderloos (Gen 13:14:18); En God sluit met hom ‘n verbond om hom ‘n man van betekenis te maak (Gen 15).

Dan kom ons by hierdie uiters belangrike vyfde gesprek van God met Abraham. Dit is die gesprek waarin God Homself as die Almagtige aan Abram openbaar, as El Shaddai (vgl Eks 6:3). Shaddai – die Almagtige – is die primêre betekenis soos ons uit die konsekwente Griekse vertaling van die woord in die OT aflei. Shaddai word regdeur die OT vertaal met Pantokrator (ook in Latyn). Die NT gebruik daarom Pantokrator regdeur as vertaling vir die Hebreeuse Shaddai (bv in 2 Kor 6:18 en talle kere in Openbaring). Dié betekenis word ook gerugsteun deur die woord Šadu in Akkadies wat die betekenis dra van: “die een van die berg”, dws die “godeberg”. Shaddai dra egter ook die betekenis van vrugbaarheid en lewe, omdat die woord Shaddai kan verwys na die Hebreeuse woord “shad” wat met “bors” vertaal kan word. Dit is die sekondêre betekenis van die woord. Dié betekenis maak veral baie sin as ‘n mens kyk na die beloftes in hierdie gedeelte.

Hierdie Naam van God – El Shaddai – staan dus vir sy Almag sowel as vir die vrugbaarheid en lewe wat Hy skenk. Daarom dan die baie spesifieke opdrag aan Abraham. Dat Abraham voor God sal leef. Dat hy naby God sal leef. Die teks sê eintlik: “Wandel voor My.” Dit beteken, loop saam met My op jou lewenspaaie. Leef jou lewe voor My. En God vra van Abram dat hy onberispelik sal wees. Onberispelik beteken natuurlik nie foutloos of sondeloos nie. Maar, dit beteken wel dat jy doelgerig daarop sal fokus om God tevrede te stel soos Hy sy wil aan jou bekend maak. En om in jou hele lewe daarna te streef om sonder blaam te lewe. Dit is dan wat ‘n mens die beloftes in hierdie gedeelte regtig vir jouself kan toeëien. Dat Hy vir jou El Shaddai sal wees.

Lees meer: https://bybelskool.com/genesis-17-lewe-naby-my-en-wees-onberispelik/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.