Skip to main content

Module 1 deelnemer aanlyn 5 Maart tot 7 Mei

Ek bied module 1 deelnemer kursus aanlyn op zoom aan van 5 Maart tot 7 Mei van 09:00-12:00  op verskillende dae soos onderstaande program aandui. Jy kan die inhoud wat ons gaan dek daarin sien. Skryf in by hierdie skakel:

Module 1 Deelnemer Oggendklasse 5 Maart tot 7 Mei 2025

Continue reading

Veritas deelnemersopleiding die eerste helfte van 2025

Ek herinner aan die datums vir die aanlyn aanbiedinge van die vier modules vir deelnemers van Veritas vir die eerste helfte van die jaar. Dit word in Afrikaanse en Engelse groepe aangebied. Skryf nou in by amanda@veritascollege.org of kontak my.

Continue reading

My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar

Delf dieper deur Romeine

Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine @youversion. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van ‘n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na ‘n vars verhouding met die Here Jesus Christus.

Dit sal later in die jaar ook deel uitmaak van die kronologiese Bybelleesplan.

Skakel

Veritas Module 1 fasilitering vir predikante en ander met ‘n teologiese agtergrond

Hierdie boodskap is vir alle predikante en diegene met ‘n graad of diploma in teologie.

Veritas SA bied ‘n intensiewe gekombineerde deelnemer & fasiliteerderkursus in Module 1 in Afrikaans aanlyn aan op zoom op die volgende dae:

  • Dinsdag 26 November 9:00-13:00 (Lesse 1-4 – Bybeloorsig, kommunikasie, interpretasie en eksegese)
  • Donderdag 28 November 9:00-13:00 (Lesse 5-14 – Eksegese van Efesiërs en Kolossense met ‘n fokus op geloofsekerheid en geestelike volwassenheid)
  • Woensdag 4 Desember 9:00-13:00 (Lesse 15-23 – taal, vertalings, semantiek, eksegese van Galasiërs 5 met ‘n fokus op oorwinning oor versoeking en sonde)
  • Donderdag 5 Desember 9:00-13:00 (Lesse 24-26 – Bybelse teologie en hermeneutiek, Bybelstudiegroepe, prediking en stap-vir-stap implementering van fasilitering)

Aanbieders: Tiesie de Coning en Chris van Wyk

Skryf in by Amanda Smit: amanda @ veritascollege. org

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…