Skip to main content

Almal lees die Bybel anders? Gesprek oor hermeneutiek

Hier is ‘n video van my gesprek met ds Dubois du Toit van NGK Suiderhof in Namibië oor die kern belangrike onderwerp van ‘Hermeneutiek’. Dit is die kuns van hoe ons die Bybel lees en interpreteer.

Ons interpretasie van die Bybel is sekerlik die sentrale brandpunt in die groot gesprekke, frustrasie en sogenaamde ‘vasgelooptheid’ in die NG kerk (en vele kerke globaal).

Inhoudsopgawe:

00:00 Meer oor dr. Chris van Wyk
05:14 Inleiding van onderwerp
07:00 Wat is Bybelse interpretasie (2 Historiese skole van interpretasie)
23:00 Almal lees die Bybel anders?
41:03 Die Jesus van die teks vs. die Jesus van die geloof?
46:02 Stockholm syndrome Christians
47:24 Wat is die rol van die Heilige Gees in Skrifuitleg?
1:00:41 Wat bedoel ons met “onfeilbare Woord van God”?
1:11:22 Die Hermeneutiek van die slang “Het God ‘werklik’ gesê?”
1:13:48 Ons Godsverstaan deur mense geskep?
1:21:25 Waarvoor gebruik ons die Bybel (The book of Eli)

‘n Teologiese hermeneutiek

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe ‘n mens die Bybel lees. Ek sluit ‘n paar gedagtes daaroor in hierdie bydrae in, sowel as ‘n bydrae: Hoe verstaan ek wat ek lees – Chris van Wyk.pdf wat ek onlangs by ‘n predikantekonferensie in die Goudland sinode gelewer het. Ook die bydrae oor Galasiërs: Geen Ander Evangelie – Paulus se brief aan die Galasiërs.pdf wat ek daar gelewer het.

Inhoud:

  1. Allegoriese en literêr-historiese lees
  2. Lectio Divina
  3. Lectio verander na Questio
  4. Terug na die Bybel met ‘n teologiese hermeneutiek
  5. Verklaar om te verstaan
  6. Nehemia en Esra
  7. Jesus as voorbeeld
  8. Filippus en die Etiopiese amptenaar
  9. Toets verstaan aan die geloofsgemeenskap

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlDankie! Waardeer.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
  • Chris van Wyk on DaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Dankie vir die verduideliking.
  • Chris van Wyk on Openbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
  • Chris van Wyk on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefEk hoop jy geniet dit, Elsie.
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Sekerlik kan die afleiding tog nie gemaak word dat dwelmverslaafdes nie hemel toe gaan nie?!
  • Elsie on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefDankie sien uit na die saamreis om te lees, te leer en te leef
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My voorreg.
  • Doreen Snyders on Openbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22Ek is dankbaar.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My vreugde.
  • Albertus Van Schalkwyk on Openbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
  • runawayjoyous2427b27b07 on Openbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.