Skip to main content

Almal lees die Bybel anders? Gesprek oor hermeneutiek

Hier is ‘n video van my gesprek met ds Dubois du Toit van NGK Suiderhof in Namibië oor die kern belangrike onderwerp van ‘Hermeneutiek’. Dit is die kuns van hoe ons die Bybel lees en interpreteer.

Ons interpretasie van die Bybel is sekerlik die sentrale brandpunt in die groot gesprekke, frustrasie en sogenaamde ‘vasgelooptheid’ in die NG kerk (en vele kerke globaal).

Inhoudsopgawe:

00:00 Meer oor dr. Chris van Wyk
05:14 Inleiding van onderwerp
07:00 Wat is Bybelse interpretasie (2 Historiese skole van interpretasie)
23:00 Almal lees die Bybel anders?
41:03 Die Jesus van die teks vs. die Jesus van die geloof?
46:02 Stockholm syndrome Christians
47:24 Wat is die rol van die Heilige Gees in Skrifuitleg?
1:00:41 Wat bedoel ons met “onfeilbare Woord van God”?
1:11:22 Die Hermeneutiek van die slang “Het God ‘werklik’ gesê?”
1:13:48 Ons Godsverstaan deur mense geskep?
1:21:25 Waarvoor gebruik ons die Bybel (The book of Eli)

‘n Teologiese hermeneutiek

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe ‘n mens die Bybel lees. Ek sluit ‘n paar gedagtes daaroor in hierdie bydrae in, sowel as ‘n bydrae: Hoe verstaan ek wat ek lees – Chris van Wyk.pdf wat ek onlangs by ‘n predikantekonferensie in die Goudland sinode gelewer het. Ook die bydrae oor Galasiërs: Geen Ander Evangelie – Paulus se brief aan die Galasiërs.pdf wat ek daar gelewer het.

Inhoud:

  1. Allegoriese en literêr-historiese lees
  2. Lectio Divina
  3. Lectio verander na Questio
  4. Terug na die Bybel met ‘n teologiese hermeneutiek
  5. Verklaar om te verstaan
  6. Nehemia en Esra
  7. Jesus as voorbeeld
  8. Filippus en die Etiopiese amptenaar
  9. Toets verstaan aan die geloofsgemeenskap

Continue reading

Onlangse kommentaar