Skip to main content

Klaagliedere van Jeremia – boek

Ek dink, lees en bid baie oor die inperking weens die Covid-19 virus.

Daar is baie positiewe gevolge van die inperking. Al is dit die eerste keer in die geskiedenis dat gesonde mense ingeperk word, en nie siekes nie, het dit natuurlik aanvanklik die gewenste uitwerking. Die spoed waarteen mense geïnfekteer word, is stadiger. Families kan meer fokus op mekaar, en die waarde daarvan sal waarskynlik vir lank met ons wees.

Daar is egter ook baie negatiewe gevolge van die inperking. Gesonde mense word ingeperk. Sosiale verkeer word afgeskaf. Die ekonomie krimp teen ‘n enorme spoed in. Eensaamheid neem toe. Onsekerheid neem toe. Skuld hoop op. Werkloosheid neem toe. Besighede maak toe. Mense gaan nie vir noodsaaklike mediese ondersoeke nie. Ons kinders word noodsaaklike sosiale interaksie ontneem.

Nou, ek wil nie hiermee kritiek lewer nie. Dit is nog te naby aan ‘n mens se lyf. Maar, ek wil hoop preek in ‘n situasie wat ‘n groot invloed gaan hê vir nie net maande nie, maar waarskynlik jare. En daar is seker nie ‘n beter boek om te lees juis in só ‘n tydperk nie. Die Klaagliedere van Jeremia.

Hoor hoe kla hy oor die ballingskap wat aangebreek het in 586 vC met al die hooggeplaastes wat weggevoer is. En ‘n bedremmelde klompie mense wat saam met Jeremia in die land agter gebly het.

  • “Ag, hoe verlate sit die stad wat vol mense was!” (Klg 1:1).
  • “My kinders is verbyster” (Klg 1:16).
  • “My jongvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.” (Klg 1:18).
  • “My hart draai om in my binneste.” (Klg 1:20).

Wat maak ‘n mens in só ‘n situasie? 
Wel, een ding het Jeremia geleer. Hy het ‘n nuwe lied geleer, ‘n lied wat wyd oor die wêreld gesing word:

“The steadfast love of the Lord never ceases. His mercies never come to an end.  They are new every morning, new every morning.  Great is Thy faithfulness, O Lord. Great is Thy faithfulness.” (Robert Davidson – Klg 3:21-25)

Laai die boek af op die webtuiste en gebruik die tyd van die inperking wys.
Om na te dink, maar ook ‘n nuwe lied aan te leer.

Klaagliedere 5: “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie klaaglied het wel 22 verse, soos hoofstuk 1,2 en 4, maar die verse begin nie met opeenvolgende letters van die Hebreeuse alfabet nie.  Dit is ook veel korter as die ander klaagliedere.  Die hele gedig word verder as ’n klaaglied van die gemeenskap van Jerusalem verwoord, ’n gepaste afsluiting van die versameling van Klaagliedere van Jeremia.

Continue reading

Klaagliedere 4: “Ag, hoe dof het die goud geword”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnIn die klaaglied van hoofstuk 4 word die problematiek van leierskap aangespreek.  Die leiers se sondes en oortredinge, sê Jeremia, het nie net die Here se geduld met hulle laat opdroog nie, maar die hele volk in die wanhoop van ballingskap gedompel.  Die leiers het hulle glans verloor soos goeie goud wat dof geraak het, soos sneeu wat nie meer sy glans behou nie, maar swarter as roet geword het.

Tóg, sê Jeremia, is daar hoop, want die Here sal uiteindelik die straf vir hulle sonde beëindig.  Hy sal die ballingskap nie laat voortduur nie, en dié ongeregtigheid aan die kaak stel van die nasies wat hulle verlekker het in Israel se oordeel.

Jeremia se nadenke daaroor word in drie dele opgedeel:

  • 4:1-16 – Jeremia: “Daar word geen genade aan die leiers betoon nie.
  • 4:17-20 – Jerusalem: “Ons kyk ons oë moeg om hulp wat nie opdaag nie.
  • 4:21-22 – Jeremia: “Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion … maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom.

Continue reading

Klaagliedere 3: “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHoofstuk drie is in baie opsigte eintlik die hart van die Klaagliedere van Jeremia.    Jeremia is die “ek” in die ses en sestig verse waarvan elke derde een met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin.  Dit is egter ook duidelik dat Jeremia hierdie klaaglied kollektief en namens die volk aanbied aan die Here, soos die gebruik van “ons” regdeur aandui.

Inhoudsgewys dek dit vier belangrike aspekte van die profeet Jeremia se nadenke en refleksie oor die ramp wat die volk getref het.  Dit is dus ook ’n modelgebed om na te volg wanneer ons op soortgelyke wyse in ’n krisis is:

  • 3:1-24 – “Dít sal ek ter harte neem, deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie.
  • 3:25-39 – “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra.
  • 3:40-47 – “Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek, en ons tot die Here bekeer.
  • 3:48-66 – “My trane sal aanhou vloei, totdat die Here uit die hemel afkyk en dit raaksien.

Continue reading

Klaagliedere 2: “Ag, hoe het die donker toegesak op Sion”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDaar is weer twee sprekers wat optree in hierdie gedig, die profeet en die verpersoonlikte Jerusalem.  Dit gee ’n handige verdeling van die inhoud van die gedig:

  • 2:1-19 – Jeremia: “Ag, hoe het die Here in sy toorn die donker laat toesak op Sion!
  • 2:20-22 – Jerusalem: “Kyk tog, Here, let tog op aan wie U dit gedoen het.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!