Skip to main content

Klaagliedere 5: “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie klaaglied het wel 22 verse, soos hoofstuk 1,2 en 4, maar die verse begin nie met opeenvolgende letters van die Hebreeuse alfabet nie.  Dit is ook veel korter as die ander klaagliedere.  Die hele gedig word verder as ’n klaaglied van die gemeenskap van Jerusalem verwoord, ’n gepaste afsluiting van die versameling van Klaagliedere van Jeremia.

Vers 1 druk die smeking van die volk uit:

Slaan tog af op wat oor ons gekom het, Here.” Soos dit toenemend in die vorige klaagliedere duidelik geword het, is die hoop van die volk nie geleë in die leiers van die volk nie, maar net in God self.  Daarom vra die volk: “Kyk tog en sien self hoe ons verneder is.

Vers 2-18 druk die benarde situasie van die volk uit. 

Jerusalem beskrywe die ontsetting van die oorheersing wat die eens trotse simbool van God se teenwoordigheid nou beleef:

  • Hulle besittings is aan vreemdes gegee;
  • Die mans is uitgemoor wat baie weeskinders en weduwees agtergelaat het.
  • Die vrouens is verneder.
  • Die Leiers is uitgewis
  • Jonk en oud ly onder die verguising.
  • Daar is geen feestelikheid meer nie.
  • Ekonomies gaan dit beroerd – water en hout is nie meer gratis nie.
  • Polities is hulle ’n verstote gebied.

Maar ten diepste is dit ’n geestelike realiteit.  Die tragiese feit dat hulle oorheers word, dat hulle magteloos voel, dat die hele lewe onveilig geword het – selfs wanneer hulle probeer om in die veld kos te gaan haal – is weens die sondes van die vaders: “Ons het ons aansien verloor, daar het ellende oor ons gekom, want ons het sonde gedoen!

Dit is die rede vir hulle droefheid, “vir die swart kringe om ons oë.

In vers 19 word die hoop van die volk verwoord in ’n enkele geloofsbelydenis:

Maar Ú, Here, U heers vir altyd, u troon staan vas van geslag tot geslag.”  Dit is tegelyk die enigste vaste punt vir die volk sowel as hulle enigste hoop.  In hulle ontsetting sluit dié enkele sin van verheerliking van die Here hulle toekoms oop.

Daarom sluit die klaaglied en die boek af met die laaste drie verse waarmee hulle hul hoop op God in ’n gebed uitdruk:

  • Waarom sou U ons dan bly vergeet, ons vir altyd verlaat?
  • Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees, gee ons weer die bestaan van vroeër.
  • Of het U ons heeltemal verwerp? Is U toorn oor ons so groot?

Boodskap

Dit is duidelik dat hierdie klaaglied nie net wil hê dat die pyn van die Godsvolk in hulle benarde situasie verlig word nie, maar dat die verhouding met die Here herstel word:  “Bekeer ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees, gee ons weer die bestaan van vroeër.”  En dit kan net van God self af kom.  Immers: “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.” (3:25), iets wat resoneer met beide Dawid se belydenis in Psalm 51 sowel as Jeremia se eie beloftes van herstel in Jer. 30-33, die Boek van Vertroosting.  Die hoop vir bekering lê in God se ingrype, nie in die mens se eie pogings daartoe nie.

Daarmee gee Jeremia vir ons as gelowiges ’n manier waarop ons ook na leed in ons eie lewe en in dié van ons gemeenskap kan kyk en die Here se wil en uitkoms kan bly soek.  Net soos die klaagliedere in die Psalms ons help om ons leed te verwoord en met die regte perspektief op onsself en op God die Here om uitkoms te nader, só help Klaagliedere van Jeremia ons ook daarmee.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Klaagliedere


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders