Die Klaagliedere van Jeremia is ‘n versameling van vyf klaagliedere oor die val van Jerusalem en die tempel in 586 v.C. Die eerste woord van die eerste vers (die Hebreeuse woord ekâ) druk alreeds sy verslaentheid uit: “Ag, hoeverlate lê die stad.” Geen wonder dat dié woord ook as Hebreeuse titel gebruik is vir die versameling klaagliedere oor wat Jeremia moes waarneem met die val van Jerusalem in 586 v.C.
Hoewel Jeremia nie in die boek genoem word nie, en baie geleerdes daarom dink dat die klaagliedere aan anonieme digters uit sy tyd toegeskryf moet word – daar is immers heelwat soortgelyke klaagliedere oor die verwoesting van stede, bv. die bekende en antieke Klaaglied oor die Verwoesting van Ur – kom baie van die frases in die boek ooreen met dié van die boek van die profeet Jeremia (vgl. bv. Klaagl. 1:15 met Jer. 8:21; Klaagl. 3:64–66 met Jer. 11:20; Klaagl. 4:21 met Jer. 49:12), en werk die twee boeke met dieselfde teologiese perspektiewe op oordeel en verlossing. Dit is ook duidelik ’n ooggetuie digter.
2 Kron. 35:25 noem verder dat Jeremia klaagliedere geskryf het en dat dit in ’n boek opgeteken is: “Jeremia het ’n treurlied oor Josia gedig, en al die sangers en sangeresse het oor Josia gesing in hulle treurliedere. Dit word nou nog gedoen, dit het ’n gebruik in Israel geword. Die liedere is opgeteken in Die Treurliedere.” Hoewel dit nog steeds uiteraard nie sy outeurskap van hierdie vyf klaagliedere bewys nie, maak dit ’n stewig genoeg argument uit om Jeremia as skrywer van dié boek te aanvaar, soos dit inderdaad in die tradisie aan ons oorgelewer is.
Ons lees die boeke van die profeet Jeremia en sy Klaagliedere in die derde kwartaal 2014. Die inleiding op die boek Jeremia word op 22 en 23 Julie geplaas (ek het dit liewer versprei oor 2 dae weens die omvang daarvan) en daarna lees ons 6 hoofstukke ’n week, Klaagliedere ingesluit, tot en met die 1ste Oktober. Ek plaas DV elke weeksdag ’n bydrae.
In die gemeente Somerstrand het ons agt uur-byeenkomste op Woensdae: 30 Julie 19:15; 6 Augustus 19:15; 13 Augustus 18:00; 20 Augustus 18:00; 27 Augustus 18:00; 3 September 18:00; 10 September 18:00; 1 Oktober 18:00. Let op die verskillende begin-tye asook op die feit dat daar nie byeenkomste 17 en 24 September is nie.
Registreer by die webtuiste www.bybelskool.com om dié bydraes per e-pos te ontvang. Dit is gratis.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Onlangse kommentaar