Skip to main content

Klaagliedere 4: “Ag, hoe dof het die goud geword”

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnIn die klaaglied van hoofstuk 4 word die problematiek van leierskap aangespreek.  Die leiers se sondes en oortredinge, sê Jeremia, het nie net die Here se geduld met hulle laat opdroog nie, maar die hele volk in die wanhoop van ballingskap gedompel.  Die leiers het hulle glans verloor soos goeie goud wat dof geraak het, soos sneeu wat nie meer sy glans behou nie, maar swarter as roet geword het.

Tóg, sê Jeremia, is daar hoop, want die Here sal uiteindelik die straf vir hulle sonde beëindig.  Hy sal die ballingskap nie laat voortduur nie, en dié ongeregtigheid aan die kaak stel van die nasies wat hulle verlekker het in Israel se oordeel.

Jeremia se nadenke daaroor word in drie dele opgedeel:

  • 4:1-16 – Jeremia: “Daar word geen genade aan die leiers betoon nie.
  • 4:17-20 – Jerusalem: “Ons kyk ons oë moeg om hulp wat nie opdaag nie.
  • 4:21-22 – Jeremia: “Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion … maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom.

4:1-16 – Jeremia: “Daar word geen genade aan die leiers betoon nie.

Let op na die treffende metafore waarmee die val van die leiers in hierdie deel van die klaaglied beskryf word:

  • Ag, hoe dof het die goud geword, hoe het die goeie goud sy glans verloor!
  • Die gewyde edelstene lê weggegooi op al die hoeke van die strate!
  • Die leiers van Sion het meer glans gehad as sneeu, hulle was witter as melk … Maar nou is hulle swarter as roet.”

Hierdie leiers word nou beskou as erdepotte.  Hulle is nie meer op enige manier spesiaal nie.

Hoekom?  Want die gemeenskap het só wreed geword onder hulle (gebrek aan) leiding dat die hele gemeenskapslewe in duie gestort het.

Dit het onvermydelik tot ’n vermindering in hulle status gelei: “Hulle word nie eens op die strate herken nie.” Om die waarheid te sê, mense wil niks met hulle te doene hê nie: “Gee pad!  Julle is onrein!” Dit sluit in dat die Here hulle lot nie meer aantrek nie, en geen meegevoel met hulle het, of genade aan hulle betoon nie.

Maar die grootste probleem is nie wat dit aan hulle as leiers gedoen het nie.  Die Here se toorn het nie net die leiers getref nie, maar almal.  Hy het ’n vuur in Sion aangesteek wat hom tot op sy fondamente verteer het.

4:17-20 – Jerusalem: “Ons kyk ons oë moeg om hulp wat nie opdaag nie.

In hierdie kort gedeelte word die angs van die volk op twee maniere beskryf. Aan die een kant is daar die misplaaste verwagting dat iemand hulle sou help – miskien word hier na Edom verwys, aangesien in die volgende gedeelte juis ’n oordeel oor hulle uitgespreek oor hulle houding teenoor Juda.  Dit het egter nie gebeur nie.

Aan die ander kant is daar die gedwarsboomde verwagting dat die koning sy man sou staan teen die bedreiging, maar hy het voete van klei gehad en is gevang deur die vyand – ’n klaarblyklike verwysing na Sedekia se vlug wat deur Nebukadnesar gefnuik is.

4:21-22 – Jeremia: “Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion … maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom.

Tóg, sê Jeremia, is daar hoop.  Die Here, belowe hy, sal uiteindelik die straf vir Juda se sonde beëindig.  Hy sal die ballingskap nie vir altyd laat voortduur nie, en die ongeregtigheid van Edom aan die kaak stel wat hulle verlekker het in Israel se oordeel.

Boodskap

Daar is nie regtig groot sondes en klein sondes nie.  Sonde bring ’n skeiding met God, hoe groot of klein dit nou ook al is.  Daar is om dieselfde rede ook nie juis groter sondaars en kleiner sondaars nie, al praat ons soms so.  Maar dit is tog ’n feit dat geestelike leiers se ongehoorsaamheid ’n groter impak op die geloofsgemeenskap het weens die feit dat hulle invloedsfeer groter is.  Daarom sonder die Here die geestelike leiers uit in hierdie klaaglied van Jeremia.

Tóg, sê Jeremia, is daar hoop, want die Here is self uiteindelik die Leier van sy volk, sowel as van die geestelike leiers.  Hy sal self bepaal wat die uiteinde van sy volk sal wees asook van hulle leiers.  Daarin lê ook ons hoop.  Die Here sal sy mense nie sonder rigting en begeleiding laat nie.  Daarop kan ons staatmaak.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Klaagliedere


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.