Hier is ’n aantal verwysings wat jy kan naspeur, waar Jesaja in die res van die Nuwe Testament aangehaal word.
Jesaja
NT
Kort beskrywing
8:17-18
Heb 2:13
Die skrywer van Hebreërs haal twee verse uit Jesaja 8 aan om Jesus se identifikasie met mense te bevestig.
22:22
Open 3:7
Johannes gebruik dieselfde beeld van die sleutelmag wat aan Eljakim in Jesaja 22 gegee is, en verklaar dat dié mag in die hand van die Here is.
25:8
Open 7:17
Dieselfde boodskap wat al in Jesaja 25 se visie op die feesmaal vir die volke van toepassing gemaak is, dat alle trane afgevee sal word, word hier aan Jesus se opstanding gekoppel deur Johannes.
28:16
1 Pet 2:6
Jesaja 28 word gebruik as bewysplaas vir die metafoor van die hoekklip wat alles bymekaar hou wat op Jesus van toepassing gemaak word.
34:4,10
Open 6:13-14
Jesaja 34 se beelde van die hemel wat soos ’n boekrol toegerol word, en die aarde wat onbewoonbaar gemaak word met die sesde seël se oordeel in Openbaring verbind.
35:3
Heb 12:12
Die Hebreërskrywer leen die beeld van slap hande en knikkende knieë wat versterk moet word by Jesaja.
40:6-8
1 Pet 1:24, 25
Petrus gebruik dieselfde beelde as Jesaja 40 om die menslike toestand met God se ewige woord te kontrasteer.
Jak 1:10, 11
Ditto Jakobus
41:4
Open 1:8, 11, 17
Johannes gebruik amper dieselfde taal vir God, die eerste en die laaste en pas dit op Jesus toe.
Open 21:6
Ditto
Open 22:13
Ditto
49:10
Open 7:16
Johannes gebruik dieselfde beeld van die uitkoms wat God aan die einde van die tyd gee vir sy uitverkorenes as wat Jesaja vir die terugkoms uit ballingskap gebruik – dat hulle beskerming sal geniet teen die honger, dors en hitte.
53:5
1 Pet 2:24, 25
Die kruisdood van Jesus se impak word verbind met die profesie in Jesaja 53 dat die straf op Hom tot ons vrede en genesing gelei het.
53:9
1 Pet 2:22
Jesus se onskuldige dood word verklaar uit die profesie in Jesaja 53.
60:11,19
Open 21:24-26
Die profesie dat die nasies na die lig van Jerusalem sal kom, word deur Johannes in Jesus en die nuwe Jerusalem verbind.
63:2-3
Open 19:13-15
Die oordeel wat God voltrek oor die nasies soos in Jesaja beskrywe, word in soortgelyke trekke in Openbaring beskrywe. Let op dat dit die Woord van God is, Jesus.
65:17
2 Pet 3:13
Die voorspelling van ’n nuwe hemel en aarde van Jesaja 65 word geëggo in Petrus.
Ons het aan die einde van die lees van Jesaja gekom. Ek nooi jou uit om deur jou notas te blaai van die afgelope 10 weke en EEN ding uit te haal wat jou só getref het dat dit jou sal bybly, jy dit saam met jou sal neem. DEEL DIT met ons hier – klik op Comments hieronder en laat ons hoor wat jou getref het.
Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie. Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg … as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”
Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo. Die boek Jesaja verkondig daarom God as die Lewende, die God van beide die Skepping en die Geskiedenis. Dit onderstreep dat God die Onderhouer is van alles wat bestaan. Dit brei uit oor sy funksie as Regter en Verlosser van almal wat leef, ook van die nasies. Alles gemik daarop om geloof in Hom by sy mense te bevestig.
Die boodskap troos daarom alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie. Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie. “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”
Die verlossing wat God vir sy volk bring, sien ons in die boek Jesaja die helderste in die bediening van die Dienaar van die Here wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde. Hierdie belofte van die Here het in Jesus Christus waar geword. Hy het God se belofte as Lydende Messias vervul en die visie van ’n volkome nuwe begin gestalte gegee wat nie net histories sal wees nie, maar ook kosmies van aard. Daarop kan ons ons hoop vestig. In Hom sal ons in geloof kan standhou.
Lees, luister, leef
Die Lees, luister, leef reeks is gebaseer op die materiaal van Bybelskool.com, en geskryf vir Bybelskole, Bybelstudiegroepe, en persoonlike stiltetyd. Elke boek in die reeks behandel ’n ander Bybelboek. Aan die hand van die Lectio Divina metodiek leer jy om die Bybel te leef, terwyl jy dit lees. Daardeur hoor jy die lewende stem van God in die Bybel, leer jy hoe om die Here Jesus prakties te volg, en skryf die Gees jou in God se verhaal met die wêreld in. Die Woord word só vir jou ‘n huis om in te woon.
Die Dienaar van die Here in Jesaja verwys soms na ‘n individu (bv. Jes. 42:1-9) en soms na die volk (bv. Jes. 42:1-25). Wanneer daar na ‘n individu verwys word, is die fokus op wat dié dienaar deur sy gehoorsaamheid sal regkry vir die volk (bv. Jers. 43:1-13). Wanneer daar na die volk verwys word, word hulle as mislukte dienaar van die Here geteken (bv. Jes. 42:1-25), maar die hoop uitgespreek dat hulle tog ‘n lig vir die nasies sal wees deur die werk van die dienaar van die Here as individu (bv. Jes. 44:1-45:8).
Dit is waarop Jesaja 49-50 ook op fokus, die dienaar van die Here wat die volk moed in sal praat om hulle taak as God se verteenwoordigers op aarde na te kom. Daarvoor moes dié dienaar onnoembare lydig deurgaan soos dit veral in Jesaja 52-53 beskrywe word: “deur óns oortredinge is Hy deurboor.“
Daarom skryf ek in my bydrae oor Jesaja die volgende oor die identifikasie van die Dienaar as individu met Jesus (Kry my eboek hier):
“Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing op Jesus, omdat die skrywers in sy lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien het: 53:1 in Joh 12:38; 53:4 in Matt 8:17; 53:7-8 in Hand 8:32-33; 53:9 in 1 Pet 2:22. Inderdaad, Jesus self het ‘n vers hieruit op Homself van toepassing gemaak aan die kruis: bv. 53:12 in Luk 22:37.“
Jesus het dus hierdie profesie van die Dienaar van die Here (die individuele een) vervul. Daar word dus in Jesaja na Jesus verwys, maar natuurlik in terme van ‘n profesie wat eers vanuit die vervulling daarvan in die NT duidelik geword het.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Onlangse kommentaar