Skip to main content

Hier is die skakels na die vorige twee bydraes

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die e-pos diens wat WordPress vir my lewer om bydraes aan te stuur, het vanoggend gekalf, ongelukkig.  Dit het intussen darem herstel.  Hier is egter nou die skakels na die vorige twee bydraes oor Esegiël.  Onthou dit is ook altyd beskikbaar by Esegiël:

Esegiël 33:1-20 – God soek bekering nie die dood nie

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Waar Esegiël tot hier toe gefokus het op die onafwendbare val van Juda en Jerusalem en die redes daarvoor, begin sy profesieë van hier af fokus op die toekoms wat die Here belowe ná die ballingskap.  Hy hak hier aan by twee vorige profesieë – oor sy eie persoonlike opdrag as wag vir die volk (hfst. 3) en die noodsaak vir die volk om persoonlike verantwoordelikheid te neem vir hulle lewe (hfst. 18) – en brei verder daarop uit, veral omdat dit begin lyk asof daar ‘n kentering by die volk kom en hulle verantwoordelikheid begin neem vir wat gebeur het: “Ons opstandigheid, ons sonde rus swaar op ons, ons vergaan daaronder, hoe kan ons nog lewe?” (33:10).

Daarom beklemtoon die Here dat die profeet persoonlike verantwoordelikheid moet bly aanvaar om as wag vir die volk op te tree, én dat die volk eweneens persoonlike verantwoordelikheid moet bly aanvaar vir hulle lewe voor die Here, soos hulle dit inderdaad nou begin doen. Dit word in twee profesieë aan Esegiël duidelik uitgespel:

  • 33:1-9 – “Ek het jou die wag vir Israel gemaak”
  • 33:10-20 – “Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie”

Continue reading

Esegiël 33:21-33 – Grypsug en selfsug word geoordeel

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Dit neem ses maande vir die nuus van die val van Jerusalem om by Esegiël en die ander ballinge uit te kom.  Uiteindelik op Woensdag 9 Januarie 585 v.C. kom iemand wat die tragedie in Jerusalem ontsnap het daar aan en vertel vir hom dat dít wat Esegiël voorspel het, inderdaad gebeur het.  Jerusalem is op Woensdag 18 Julie 586 v.C. ingeneem, ses maande tevore.

Onthou dit was in die jare voor TV en selfone, ook voor die tyd van die radio, en die Kedarrivier was 800 km te voet van Jerusalem af!  Esra het ‘n paar eeue later vier maande geneem vir dieselfde reis (Esra 7:9).

Dit ontlok twee kort profesieë by Esegiël, die een gerig aan die grypsugtige agtergeblewenes in Jerusalem en Juda (33:23-29), die ander gerig aan die selfsugtige ballinge in Babel (33:30-33).  Sy tong is weer vry.

Continue reading

Esegiël 34 – Die Here oordeel die herders van Israel en word self hulle Herder

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

“UITEINDELIK … werksdruk het verlede kwartaal sy tol geëis en toe het my verlof aangebreek.  Hier is dus die eerste van nege laaste aflewerings in my saamlees van Esegiël met jou.  Alle beplanning natuurlik Deo Volente.  Geniet!”

Gegewe die vorige hoofstuk se geweldige negatiewe beoordeling van beide die agtergeblewenes en die ballinge, sowel as al hulle leiers, is dit geen wonder nie dat hierdie volgende boodskap na Esegiël toe kom.

  • Die Here beveel Esegiël om as profeet op te tree teen die ”herders” wat net vir hulleself sorg en die “kleinvee” laat wegdwaal en oor die aarde laat verstrooi. Die Here maak ‘n end aan dié herders (34:1-10).
  • Die Here belowe Hy sal self sy kleinvee se herder wees. In verbondstaal belowe die Here: “Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God.” (34:11-31).

Continue reading

Esegiël 35-36:15 – ‘n Woord teen Edom en die herstel van die “Berge van Israel”

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die volgende profesie is gemik op die herstel van die land.  Dit beslaan twee dele:

  • Aan die een kant verkondig die Here verwoesting oor Edom, die bergland van Seïr (die dorpie Petra is in dié streek geleë), wat hulle vergryp het aan beide Israel en Juda se grondgebied in hulle ballingskap: “Jy het gesê: ‘Altwee volke en altwee lande is nou myne, ons gaan daardie land vat.’” (35:1-15).
  • Aan die ander kant verkondig die Here dat Israel weer die land in besit sal neem as hulle eiendom. Die “Berge van Israel” sal nie weer sy bewoners afskud nie! (36:1-15).

Continue reading

Onlangse kommentaar