Bybelskool 4de kwartaal 2010
Ek beplan om weer die 7de Oktober met die Bybelskool bydraes te begin. Ons gaan die twee briewe van Paulus aan die Galasiërs en Romeine lees, sowel as die boek Rut in die Ou Testament. Hieronder is die indeling van die bydraes, met die datums van die byeenkomste in die gemeente Somerstrand.
Enigiemand is baie welkom om in te skakel. Registreer aan die regterkant by Registrasie / intekening, en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur. Registrasie en inskakeling is gratis. Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra. Ek antwoord graag.
Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk: 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, Markus in vergelyking met die ander evangelies en 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs.
Datum | Byeenkoms | Boek |
7-13 Oktober | 13 Oktober | Inleiding |
14-20 Oktober | 20 Oktober | Galasiërs 1-6 |
21-27 Oktober | 27 Oktober | Romeine 1-4 |
29 Oktober – 3 November | 3 November | Romeine 5-8 |
4-10 November | 10 November | Romeine 9-16 |
11-17 November | 24 November | Rut 1-4 |