Romeine 8:1-17 – Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God

3 Junie

Ons het al na Romeine 8:18-30 en Romeine 8:31-39 gekyk. Hier is die eerste perikoop in daardie kragtige hoofstuk van Paulus.

Romeine 8:1-17 – Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God

1Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie. 2Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 3Dit waartoe die wet, verswak deur ons sondige aard, nie in staat was nie, het God gedoen: Deur sy eie Seun vanweë die sonde in die gestalte van ‘n sondige mens te stuur, het Hy die sonde in die mens veroordeel, 4sodat die vereiste van die wet in ons vervul kon word, ons wat nie volgens ons sondige aard leef nie, maar volgens die Gees. 5Wie volgens hulle sondige aard leef, bedink immers die dinge van hulle sondige aard, maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. 6Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. 7Die denke van ons sondige aard is vyandskap teen God; dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie. 9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie. 10Maar as Christus in julle is, is die liggaam, as gevolg van die sonde, wel dood; daarenteen, op grond van die regverdiging, is die Gees lewe. 11As die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 12Daarom dan, broers, het ons ‘n verpligting – maar nie teenoor ons sondige aard, om daarvolgens te leef nie. 13Want as julle volgens julle sondige aard leef, sal julle sterf. Maar as julle deur die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle leef. 14Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God. 15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Ek onthou steeds baie helder die effek wat vers 16 op my gehad het in my standerd 5 jaar. My ma het by huisgodsdiens Romeine 8 gelees. Toe sy vers 16 lees: “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is,” het ek in trane uitgebars. Ek was diep geraak deur die feit dat God binne in ons die sekerheid bring dat ons sy kinders is en dat dit by uitstek die werk van die Heilige Gees is. Baie jare later sou my ma my vertel dat sy daardie dag geweet het dat ek predikant sou word. Ek moes egter self ’n lang pad loop voor die oortuiging aan die einde van my skoolloopbaan tot my gekom het. Maar ek sal nooit die vertroosting van God se aanraking daardie aand vergeet nie.

En dit is uiteindelik die boodskap van Paulus in dié hoofstuk. Daar is net een manier om die Christelike lewe te leef, en dit is deur die Gees. Geen wonder God word 20 keer genoem in hierdie hoofstuk nie! ’n Oorwinnende Christelike lewe kan nooit deur die wet gebeur nie, daarvoor is ons sondige vlees te swak. Dit kan net wees deur ’n daaglikse oorgawe aan die beheer van die Gees waardeur ’n einde gemaak word aan ons sondige praktyke (Rom 8:13). ’n Mens kan selfs sê soos Paulus dat daar ’n nuwe wet is, die wet van die Heilige Gees (Rom 8:2). Vir elkeen wat in Christus Jesus glo, is daar nou geen veroordeling nie. Die skuld van die sonde is afgeskryf. Ons het vrede in ons verhouding met God! Hiermee sluit Paulus aan by ’n hele paar OT profete wat reeds ’n paar eeue tevore verkondig het dat ware verandering net deur God self kan kom. Jeremia het daaroor gepreek (Jer 31:31-34), Esegiël het dit aan die ballinge verkondig (Eseg 11:19-20), en Jesaja laat ook van hom hoor (Jes 65:17-25).

Let op hoe Paulus dit as ’n geestelike werklikheid skets: “die Gees van God woon inderdaad in julle” (Rom 8:9), maar ook as ’n fisiese werklikheid: “God sal ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon” (Rom 8:11). Ons status het verander deurdat ons aan God verbind is deur die Gees wat in ons woon. Maar, dit het ook ‘n effek op en in ons sterflike liggame. Ons kry dit reg om al hoe meer te lewe soos die Gees wil. Daarom, en dit is baie belangrik, kan hierdie werk van God nie ’n werklikheid vir ons wonder sonder dat ons ons daarop toelê nie. Ons het ’n verpligting om deur die Gees ’n einde te maak aan ons sondige praktyke, iets waarop Paulus in hoofstuk 12 en verder aan weer sal terugkom. Daarsonder sal die werk van die Gees altyd gebrekkig bly in ons lewe.

Lees meer: https://bybelskool.com/romeine-81-17-die-gees-getuig-saam-met-ons-gees-dat-ons-kinders-van-god-is/

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Goeie dag hoop dit gaan goed. Ek is asseblief opsoek na materiaal om die skrifte beter te kan ontleed. Om dus my boodskap beter aan gemeentes oor te dra.
    Sal dit waardeur as dominee my kan help in hierdie verband.

    • Hi Rodney, ek het jou reeds persoonlik geantwoord, maar vir almal wat hier lees, my suggestie is die volgende: 1) laai die gratis Logos sagteware program af (logos.com) en gebruik die Faithlife Study Bible vers vir vers kommentaar, en 2) benut Veritas se grondvlakfase opleiding sowel as die voorgraadse en nagraadse opsies vir verdere opleiding. Ek gaan binnekort meer inligting daaroor by Bybelskool publiseer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: