Skip to main content

Psalm 97 – God steek die lig aan vir dié wat die Here liefhet

4 Junie

Psalm 97 – God steek die lig aan vir dié wat die Here liefhet

1Die Here regeer, laat die aarde juig; laat al die afgeleë eilande bly wees. 2Wolke en diepe duisternis omring Hom, reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon. 3Vuur gaan voor Hom uit en rondom Hom verbrand dit sy teenstanders. 4Sy weerligstrale verlig die aarde, die wêreld sien dit en sidder. 5Berge smelt soos was voor die Here, voor die Heer van die hele wêreld. 6Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy majesteit. 7Almal wat gesnede beelde dien, wat spog met nikswerd afgode, staan beskaamd. Buig in aanbidding voor Hom, alle gode! 8Sion hoor dit en is bly, die dogters van Juda juig oor u oordele, Here. 9Want U, Here, is die heel hoogste bo die hele aarde; U is ver verhewe bo alle gode. 10Julle wat die Here liefhet, moet die kwaad haat. Hy beskerm die lewe van sy troue volgelinge; uit die hand van goddeloses red Hy hulle. 11Lig is gesaai vir die regverdiges, vreugde vir hulle met opregte harte. 12Verbly julle in die Here, regverdiges, en prys sy heilige, gevierde Naam.

Die Psalm kan in twee dele verdeel word. Die eerste sluit met ‘n opsommende beskrywing van God as Koning: “Here, is die heel hoogste bo die hele aarde; U is ver verhewe bo alle gode.” – vers 1–9. Die tweede sluit met die opdrag aan ons almal wat Hom liefhet: “Verbly julle in die Here, regverdiges” – vers 10–12.

Die Here se koningskap word op twee maniere beskryf. Dit word eerstens in metaforiese terme as ’n kosmiese gebeure geteken: die aarde juig, die afgeleë eilande is bly, wolke en duisternis omring Hom, vuur gaan voor Hom uit en verbrand sy teenstanders, Sy weerligstrale verlig die wêreld, die aarde “sien dit” en sidder, en die berge smelt soos was voor Hom. Die inhoud van hierdie lofprysing van die heelal is die reg en geregtigheid waarmee God regeer. ’n Mens hoor hierin die vroeëre verskynings van die Here in soortgelyke omstandighede by Sinaiberg in die tyd van Moses (Eksodus 19) en op effens gewysigde manier by Horeb in die tyd van Elia (1 Konings 19 – die Here was juis nie in die sterk wind, aardbewing of vuur nie, maar in die “fluistering in die windstilte”). Die Here se koningskap word tweedens steeds op metaforiese wyse as ’n kommunikasie gebeure geteken: die hemele verkondig sy geregtigheid sodat al die volke Sy Majesteit kan sien (vgl Ps 19) Hierdie getuienis oor God het twee uitkomste. Aan die eenkant staan almal wat afgodsbeelde dien, beskaamd, want dié afgode moet in aanbidding voor Hom buig (vers 7b)! Aan die ander kant hoor die Godstad, Jerusalem, met sy tempel op die Sionsberg, sowel as die “dogters van Juda” (=stede van Juda) dit en het ’n groot blydskap en juig oor God se posisie as die Allerhoogste oor die hele aarde wat ver verhewe is bo alle gode.

Omdat God se koningskap nie net kosmies gedemonstreer word nie, maar inderdaad ook aan mense gekommunikeer word, kan die gelowiges hulle in die Here verbly. Hulle word nie net as regverdiges en troue dienaars (dissipels of “volgelinge” – 2014 vertaling) geteken nie, maar as “liefhebbers van die Here” (1933 vertaling – “Lovers of Jahwe” soos in verskeie Engelse vertalings). Dit is mense wat hulle aktief beywer om met God geassosieer te word, om met Hom in verhouding te lewe, wat Hom liefhet bo alles. Dié liefhebbers van die Here word bemoedig om nie net die Here lief te hê nie, maar ook die slegte en die kwade te haat in die wete dat God die lewe van sy troue volgelinge beskerm en hulle uit die hand van goddelose mense sal red. Met die pragtige metafoor van God wat as’t ware die lig vir regverdiges aansteek (saai), word die vreugde van dié wat met opregtheid God lief het, geteken. Hulle kan inderdaad hulle in die Here verbly en sy heilige, gevierde Naam loof – soos die Psalmis almal oproep.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-97-verbly-julle-liefhebbers-van-die-here/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.