Skip to main content

Psalm 30 – Sy toorn duur ‘n oomblik, sy goedgesindheid ‘n lewe lank

27 April

Psalm 30 – Sy toorn duur ‘n oomblik, sy goedgesindheid ‘n lewe lank

1‘n Psalm. ‘n Lied vir die inwyding van die huis. Van Dawid. 2Ek verheerlik U, Here, want U het my opgetrek en U het nie toegelaat dat my vyande hulle oor my verheug nie. 3Here my God, ek het na U om hulp geroep en U het my gesond gemaak. 4Here, U het my lewe uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gehou tussen dié wat afdaal in die put. 5Besing die Here, julle wat sy getroue volgelinge is, en prys sy heilige, gevierde Naam, 6want sy toorn duur ‘n oomblik, sy goedgesindheid ‘n lewe lank. In die aand word daar aanhoudend gehuil, maar teen die oggend is daar jubelkrete. 7Ek is die een wat onbesorg gesê het: “Ek sal nooit wankel nie!” 8Deur u goedgesindheid het U, Here, my so sterk soos ‘n berg laat staan. Verberg U u gesig, is ek beangs. 9“Na U, Here, roep ek, by my Heer smeek ek om genade: 10Watter nut het dit as my bloed gestort word, as ek na die grafkuil afgaan? Sal stof U prys? Sal dit u trou verkondig? 11Luister, Here, en wees my genadig! Here, wees vir my ‘n helper! 12“U het my rouklag in ‘n koordans verander, my rouklere uitgetrek en my met vreugde omgord, 13sodat my hele wese U kan besing en nie stilbly nie. Here, my God, ek sal U vir altyd prys!”

Die opskrif sê dat hierdie Psalm geskryf is vir die inwyding van die huis, wat ook as die tempel verstaan kan word, soos die vertaler dit gedoen het. Ek verkies egter om dit breër te verstaan as huis, omdat dit dan ‘n Psalm is wat eintlik oral gebruik kan word waar op die veiligheid wat God bring, staat gemaak word. Hy is die Rots waarop ons bou. Dawid loof God in vers 1-4 dat Hy hom gesond gemaak, en gered het van die dood (“doderyk” en “put”). Sy vyande se blydskap oor sy ellende was van korte duur. Hulle blydskap het stil geraak. God het na Dawid geluister en hom weer lewe gegun.

Dawid gebruik in vers 5-13 sy ervaring van redding om die geloofsgemeenskap aan te moedig om die Here te loof en getrou te bly dien, want Hy is ‘n God wat lewenslank goed is. “Sy toorn duur ‘n oomblik, sy goedgesindheid ‘n lewe lank.” Sy ervaring dat hy gisteraand nog gehuil het, en vanmôre weer kan lag, is die bewys daarvan.

Hy is egter ook eerlik daaroor dat hy sy vertroue in God se onwankelbaarheid eintlik maklik verkondig het – toe dit nog goed gegaan het met hom. Die toets het egter gekom – hetsy deur sy eie toedoen of deur ander s’n of deur siekte – toe dit nie goed gegaan het met hom nie, en hy die ervaring gehad het dat God sy teenwoordigheid aan hom onttrek het. Dit het sy vertroue op God tot die uiterste getoets. Die Here het egter sy hulpgeroep gehoor en hom genadig gewees, en sy vertroue bevestig. Daarom sal Dawid sing en nie stilbly nie … want God het nie stil gebly nie! “Sy goedgesindheid duur ‘n lewe lank.”

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-28-30-lof-aan-god-omdat-hy-gehoor-en-gehelp-het/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.