Skip to main content

Psalm 119:17-24 – God se woorde is raadgewers wat insig gee

1 Oktober

Psalm 119:17-24 – God se woorde is raadgewers wat insig gee

ג GIMEL 17Wees goed vir u dienskneg, dan kan ek lewe en u woord nakom. 18Maak oop my oë, sodat ek die wonders uit u wet kan raaksien. 19Ek is ‘n vreemdeling op aarde; moet u bevele nie vir my verborge hou nie. 20My lewe kwyn die hele tyd weg van verlange na u beslissings. 21U bestraf vermeteles, die vervloektes, hulle wat van u bevele afdwaal. 22Verwyder bespotting en minagting van my, want by u bepalings hou ek. 23Selfs al sit leiers met mekaar en praat oor my – u dienskneg sal oor u voorskrifte bly nadink. 24Nog steeds is u bepalings my grootste vreugde; hulle is my raadgewers.

Hierdie derde gedeelte van Psalm 119 fokus op die nood wat die Here se “diensknegte” het om in situasies van gevaar aan die woord van die Here getrou te bly. Aan die een kant bid hy God om hom nie in die steek sal laat nie: “wees goed vir u dienskneg”, “maak oop my oë”, “moet u bevele nie vir my verborge hou nie”, en “neem bespotting en minagting van my weg”. Hy het getuienisse nodig van God se sorg en omgee. Hy het insig nodig in wat God se wil vir sy lewe is: “dat ek die wonders in u wet kan raaksien”. Trouens, “My lewe kwyn weg van verlange na u beslissings vir elke geleentheid.” Watter wonderlike woorde wat ook in my die verlange na God se “gevleuelde woorde” vir elke geleentheid aansteek!

Maar, hy weet ook dat die verlange na insig in wat God wil aan die ander kant geëggo moet word in ‘n lewe van gehoorsaamheid. God se goedheid is bedoel dat hy kan: “lewe en u woord nakom”. By God se bepalings moet hy hom hou: “selfs al sit leiers en planne beraam teen my.” Die teenstand moet hom nie keer om te bly nadink oor God se voorskrifte en om steeds sy grootste vreugde daarin te vind: “hulle is my raadgewers.” Dit is die krag en belofte van die woorde van God.

Die Psalmis werk dus met die baie belangrike perspektief dat God se openbaring in wet en woorde, getuienisse en beloftes, voorskrifte en opdragte, insigte en beslissings ons lewe moet vorm. Daarom is dit so absoluut noodsaaklik dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Soos ek so baie in die Bybelskool sê: lees, luister, leef. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Hom prakties te volg, en skryf God ons in sy verhaal met die wêreld in.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-11917-24-gimel-god-se-woorde-is-raadgewers-wat-insig-gee/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.