Nuusbrief Februarie 2025
Ek skryf hierdie nuusbrief vanaf die 78ste jaarvergadering van The Association for Biblical Higher Education (ABHE) in Orlando, Florida, saam met Dawie van Vuuren (dekaan, heel regs), en Bennie Wolvaardt (president, net links van Dawie).
ABHE is die liggaam in die VSA wat die internasionale akkreditasie van ons Graduate School hanteer.
Besonder treffend was die bydrae van Dr. Michael Lindsay. Hy is ‘n Invloedryke leier in opvoeding in die VSA en tans die president van Taylor University in Upland, Indiana.
Lindsay het gefokus op temas uit sy boek Hinge Moments: Making the Most of Life’s Transitions waarin hy skryf oor die geleenthede waar deure oop (of toe) gemaak word wat die koers van ons lewe radikaal verander.
Hy het dit geïllustreer met insidente uit sy eie lewe. Op persoonlike vlak met die geboorte van hul eerste dogter wat met ‘n raar genetiese afwyking gebore is. En op ‘n professionele vlak met die roepstem van die Here wat hom gelei het om van Gordon College na Taylor Universiteit te skuif tsv groot sukses in die hantering van groot uitdagings by Gordon College, onder andere om die vervolging van die Menseregtekommissie rondom LGBTQIA+ kwessies op hulle kampus die hoof te bied met groot persoonlike koste.
Jy kan hier na ‘n podcast luister waarin hy sy boek en van dié voorbeelde bespreek.
‘n Gebed wat hom in dié tye gehelp het, is ‘n gebed wat genoem kan word: “Prayer of indifference” (nav Ruth Haley Barton se boek met dié titel). D.w.s. ‘n gebed waarin jy eerder God se wil soek as jou eie; waar jy besluit om God se wil te doen, maak nie saak wat dit jou kos nie; waar jy in belang van ander intree by die Here, ongeag watter invloed dit op jou eie persoon en behoeftes het.
Soos Jesus in Getsemane: “My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie beker verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” (Matt 26:42)
‘n Goeie Afrikaanse vertaling is miskien: “Gebed van afstand” of “Gebed van berusting” (eerder as “onverskilligheid”, want dit kan verkeerd verstaan word).
Só ‘n gebed is noodsaaklik as ‘n mens die Here se wil soek rondom die skarnieroomblikke in jou lewe, anders kies ‘n mens te maklik vir dit wat gemaklik of bekend is.
Lees verder (en teken in op die nuusbrief)
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Onlangse kommentaar