Skip to main content

Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel

Inleiding

prayer-shawlDie profeet Habakuk, tydgenoot van Jeremia en Obadja, maar verder onbekend, worstel in die agste boek in die ry van Twaalf Kleiner Profete met die vrae wat Nahum op die tafel sit. As God dan só streng en grusaaam kan oordeel oor die nasies, soos in die geval van Nineve, hoekom doen Hy dit nie ook nou waar die onderdrukkende werklikheid van die Galdeërs (1:6) die Jode se voortbestaan bedreig nie?

Hoe kan die Here hoegenaamd sê dat hy nasies inspan – “Kyk, Ek gaan die Galdeërs laat optrek … (1:6) – terwyl hulle nie in Hom glo nie? Hoe kan die Here hulle toelaat om op gewelddadige en bose maniere op te tree? En hoe lank sal die onreg en geweld selfs onder die Godsvolk die oorhand hê? Kortom, hoe lank kan God nog toelaat dat onreg en boosheid gedy en regverdiges daaronder ly? Geregtigheid is immers ‘n grap in die land en die wêreld, soos Peterson in The Message skryf (Justice is a Joke – opskrif vir hoofstuk een).

Die Here oortuig Habakuk egter in sy gebedsworsteling dat al lyk dit op die oog af asof alles ten gronde gaan, God die regverdiges nie sal versaak nie. Op God se verlossing moet hulle wag, selfs al lyk dit asof dit/Hy talm. In volhardende wag, al dieper wordende luister en worstelende gebed met die Here lê hulle toekoms opgesluit.

Habakuk kan uiteindelik sê dat al lyk dinge op die oog af asof dit nie regkom nie, en eerder vererger: “nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos. Die Here, my Heer, is my krag.” (Hab. 3:18-19). God versaak dus nie dié wat hulle toevlug tot Hom neem nie.

Die boek toon daarom eintlik meer ooreenkomste met van die Psalms as met van die ander profetiese boeke. Dit is, soos die Psalms, meer ‘n gesprek met God as wat dit ‘n woord van God af is. Habakuk reflekteer dus meer van sy intersessorskap by God as dat hy as woordvoerder van God optree. Uit hfst. 2:1 blyk dit egter dat dit ook op ‘n woord vir die geloofsgemeenskap sal uitloop: “Ek wil wag om te verneem … wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.

Weereens, soos die Psalms, is Habakuk daarom ook woorde wat God vir ons gee om vir Hom terug te sê. Kan ons Habakuk se woorde ons eie maak in watter uitdagende situasie ons ons ook al bevind.  Trouens, Habakuk skryf sy gebed in hoofstuk 3 in die vorm van ‘n liturgie wat die geloofsgemeenskap kan gebruik in die erediens as klaaglied om by God in te tree vir watter situasie hulle ook al in verkeer (vgl. vers 1 en 19 – “Op die wysie van ‘n klaaglied … Vir die koorleier. Met snarespel.”).

Op dié manier is die boek op ‘n besondere manier ‘n boek van hoop, al weet ons dat die ballingskap uiteindelik wel gekom het en die volk vir sewentig jaar moes wag vir die uiteindelike verlossing. Uiteindelik het die Here hulle lot verander en kon hulle Hom weer dien in hulle eie land. En daarin lê ook vir ons die hoop vandag opgesluit.

Indeling

Die boek deel maklik in drie dele op. Die eerste twee hoofstukke is in die vorm van ‘n gesprek tussen Habakuk en die Here. Die derde hoofstuk is ‘n gebed wat uitsien na die uitkoms waarvoor Habakuk sy vertroue op God sit:

  • 1:1-17 – Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument
  • 2:1-20 – Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs
  • 3:1-19 – Habakuk jubel in die God wat tot die redding van sy mense sal kom

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Habakuk


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.