Habakuk 1:1-17 – Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument

prayer-shawlDie eerste twee hoofstukke is ‘n roerende gesprek tussen Habakuk en God. Habakuk praat twee keer in hoofstuk een en die Here een keer. God praat twee keer meer uitgebreid in hoofstuk twee wat deur ‘n kort voorneme van Habakuk om te wag en te luister, ingelei word. Dit verloop as volg:

  • Habakuk worstel met God se keuse van die Galdeërs as sy oordeelsinstrument – 1:1-17
    • Habakuk: Hoe kan u onreg verdra? – 1:2-4
    • Die Here: Jy sal verstom staan oor wat Ek gaan doen – 1:5-11
    • Habakuk: U kan tog nie niks doen aan die ellende nie? – 1:12-17
  • Die Here stel Habakuk gerus dat Hy die reg sal handhaaf met oordeel ook oor die Galdeërs – 2:1-20
    • Habakuk: Ek sal wag vir u antwoord vir die geloofsgemeenskap – 2:1
    • Die Here: Julle moet geduldig bly wag, reg doen en getrou bly – 2:2-4
    • Die Here: Ellende wag altyd vir die wat plunder, knoei en onreg pleeg – 2:5-20

1:2-4 – Habakuk: Hoe kan u onreg verdra?

Habakuk se eerste woorde weerklink reg deur die eeue in gelowiges se gebede: “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here.” Wat Habakuk se klag nog meer intens maak, is dat dit nie net sy persoonlike nood is wat voor die Here gebring word nie, maar dié van die gemeenskap waar die gebrek aan geregtigheid ‘n grusame grap geraak het, a la Peterson. Waar Habakuk ook al kyk, is daar onreg en ellende, onderdrukking en geweld, getwis en gebaklei.

Sy ervaring is dat die wet geen krag meer het nie en dat die slegte mense die oorhand het oor die goeies. Nêrens geskied daar meer reg en geregtigheid nie. Die reg word verkrag. En dit is nie die Galdeërs en die nasies wie se onreg Habakuk van praat nie. Dit is sy eie mense, die mense van Juda!

Wat Habakuk egter nog dieper ontstel, is dat dit lyk asof die Here van ‘n afstand af net toekyk en niks doen aan die ellende en geweld in die Joodse geloofsgemeenskap nie. Waarom tree die Here nie op nie? Hy kan tog sien dat dinge nie só kan aangaan nie?

1:5-11 – Die Here: Jy sal verstom staan oor wat Ek gaan doen

Die Here antwoord vir Habakuk, maar nie met ‘n antwoord wat hom regtig gerus gaan stel nie. Die Here gaan Habakuk verstom met wat Hy gaan doen. Die Galdeërs sal as die Here se oordeelsinstrument optree en vrees en ontsag inboesem reg oor die aarde, ook in Juda: “Hulle perde is vinniger as luiperds, vuriger as honger wolwe.” Hulle sal die hele aarde verower en lag vir die weerstand wat van die nasies probeer bied teen die geweld van hulle aanslag.

Let egter op die ingeboude kritiek wat reeds in God se beskrywing van hulle mag ingesluit is: “Hulle ken net een wet, een trots, hulle eie … Vir hierdie sondige nasie is sy eie mag sy god.” Daarmee wys die Here dat Hy baie bewus is van die problematiek van hulle gebrek aan die regte Godsbewussyn en die gestalte daarvan in gehoorsaamheid aan God in die lewe. Daarin lê alreeds die oordeel van die Here oor die Galdeërs ingesluit, al gebruik Hy hulle tans as sy oordeelsinstrument.

1:12-17 – Habakuk: U kan tog nie niks doen aan die ellende nie?

Habakuk kan egter nie vrede maak met die feit dat dié oordeelsinstrument wat God gebruik eintlik slegter mense is as dié waarteen die Here hulle gebruik nie: “Waarom bly U stil wanneer slegte mense dié vernietig wat beter as hulle is?” Die Here is tog ewig, heilig, soewerein en bekend daarvoor dat sy oë te rein is om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word: “U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie!

Habakuk gryp terug op die skeppingsverhaal, soos onder andere verwoord in Ps. 8, dat die mens tog nie soos die diere is nie: “Hoe kan U mense behandel asof hulle visse is, asof hulle kruipende insekte sonder leier is?” Hy wys ook op die goddeloosheid van die Galdeërs, wat selfs offers vir hulle nette bring, waarmee hulle hulle opstand teen God bewys, soos dit ook uitmond in hulle minagting vir die mense wat God geskep het.

Habakuk


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: