Habakuk 3:1-19 – Habakuk jubel in die God wat tot die redding van sy mense sal kom
Ná die indringende gesprek van Habakuk en die Here gee Habakuk vir ons ‘n gebed in die vorm van ‘n Psalm. Dit was waarskynlik bedoel om as ‘n liturgie in opeenvolgende geslagte van die geloofsgemeenskap gebruik te word.
Die liturgie begin in vers 2 met ‘n smeekgebed dat die Here weer kragtig sal optree soos in die verlede. Habakuk beskryf vervolgens in vers 3-15 wat hy sien en hoor in sy verhouding met die Here. Die dinge wat hy in hierdie visoen sien, oortuig hom dat die Here die volk sál red en die goddelose Galdeërs sál verpletter. Daarom sluit hy in vers 16-19 af met die besef dat hy maar kán wag vir die uitkoms van die Here. Dit kom verseker. Hy kan geduldig wag daarop al beleef hy nou niks daarvan nie. Al lyk dit asof alles verkeerd is, kan hy nógtans nou reeds die Here loof vir wat Hy sál doen om dit reg te stel.
Onlangse kommentaar