Habakuk – Nogtans sal ek in die Here jubel
Inleiding
Die profeet Habakuk, tydgenoot van Jeremia en Obadja, maar verder onbekend, worstel in die agste boek in die ry van Twaalf Kleiner Profete met die vrae wat Nahum op die tafel sit. As God dan só streng en grusaaam kan oordeel oor die nasies, soos in die geval van Nineve, hoekom doen Hy dit nie ook nou waar die onderdrukkende werklikheid van die Galdeërs (1:6) die Jode se voortbestaan bedreig nie?
Hoe kan die Here hoegenaamd sê dat hy nasies inspan – “Kyk, Ek gaan die Galdeërs laat optrek … (1:6) – terwyl hulle nie in Hom glo nie? Hoe kan die Here hulle toelaat om op gewelddadige en bose maniere op te tree? En hoe lank sal die onreg en geweld selfs onder die Godsvolk die oorhand hê? Kortom, hoe lank kan God nog toelaat dat onreg en boosheid gedy en regverdiges daaronder ly? Geregtigheid is immers ‘n grap in die land en die wêreld, soos Peterson in The Message skryf (Justice is a Joke – opskrif vir hoofstuk een).
Onlangse kommentaar