Skip to main content

Jesus gebore in die winter?

Photo by Elias Tigiser from Pexels

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe dit moontlik is dat Jesus in die winter gebore is? Ek het besluit om dié vraag te beantwoord en ‘n bietjie speels met ‘n paar “asse” te werk om by Jesus se geboortetyd uit te kom. Ek wil daarmee ‘n paar van julle aan die dink sit, en wys hoe moeilik dit is om by datums in die Bybelse tyd uit te kom. Geniet!

1. Winter in Betlehem en omstreke is nie so swaar soos in Europa nie. Dit is kort en matig.

Jesus het bv in die winter die fees van die tempelwyding bygewoon in Jerusalem (8 km van Betlehem) êrens tussen November en Desember (Joh 10:22).

Die gemiddelde temperatuur in Desember is 12 grade Celsius vandag, hoewel ons nie weet hoe dit 20 eeue terug was nie. Dit is wel die reënseisoen in Israel soos ons in Esra 10:9 lees en daar is soms sneeu vir ‘n dag of twee. Maar dit het nog nooit die boere gekeer om hulle vee in die veld te versorg nie.

Die landstreek oos van Betlehem val skerp na die Dooie See se kant toe wat dit eintlik warmer maak as die hoër liggende gedeeltes na die weste. Die weer hoef dus nie ‘n mens se standpunt oor Kersfees te beïnvloed nie.

Die tyd 25 Desember is dus nie onmoontlik nie, maar kan nie histories geverifieer word nie. Maar, dit geld alle ander voorstelle vir datums. Die kerk het dus een van die datums wat voorgestel is, gekies. Dit is net so goed soos enige ander datum.

2. ’n Interessante manier om uit die Bybelse gegewens ’n datum te probeer vasstel, is om met die tyd te werk wat Sagaria uit die diensorde van Abia in die tempel diens gedoen het (Luk 1:5).

Die priesters is in 24 families geloot vir ’n week se diens in die tempel. Hulle het dit dus min of meer twee keer ’n jaar waargeneem.

Die Bybelse jaar het 12 maande gehad (1 Kon 4:7; 1 Kron 27:1-15; Est 2:12; Dan 4:29; Openb 22:2). Die indeling van die jaar is met die Uittog uit Egipte verander sodat dié maand, Nisan (Abib), die eerste maand van die jaar sou wees. ’n Teologiese rede dus.

Hier is die name van die 12 maande van die jaar in Bybelse tye:

  1. Nisan (Abib) – 30 dae – Mrt/Apr (Neh 2:1; Est 3:7) – lente, die tyd van die Paasfees op die 14de dag (Eks 12; Lev 23:5-14)
  2. Ziv (Iyyar)  – 29 dae – Apr/Mei (1 Kon 6:1,37)
  3. Sivan – 30 dae – Mei/Junie (Est 8:9)
  4. Tammuz – 29 dae – June/July (Eseg 1:1) – somer
  5. Ab – 30 dae – Julie/Aug (Num 33:38) – die tyd van die Pinksterfees, die fees van die weke, 50 dae ná die Paasfees (Lev 23:15-22)
  6. Elul – 29 dae – Aug/Sept (Eseg 8:1)
  7. Tishri (Ethanim) – 30 dae – Sept/Okt (1 Kon 8:2) – herfs, die tyd van die Groot Versoeningsdag op die 10de dag (Lev 23:26-43) sowel as op die 15de dag die viering van die Huttefees (Lev 23:33-44)
  8. Bul (Marhesvan) – 29/30 dae – Okt/Nov (1 Kon 6:38)
  9. Kislev – 30/29 dae – Nov/Des (Jer 36:9)
  10. Tebet – 29 dae – Des/Jan (2 Kon 25:1) – winter
  11. Shĕbat – 30 dae – Jan/Febr (Sag 1:7)
  12. Adar – 29 dae – Febr/Mrt (Est 3:13)

Die familie van Abia het telkens die 8ste week diens gedoen van die sesmaandelikse siklus (1 Kron 24:10), dws ongeveer aan die einde van die maand Ziv in die lente en min of meer in die maand Bul in die herfs onderskeidelik.

Wat dit egter moeilik maak om hiermee te werk, is dat die maande volgens die maan gewerk het, 29 of 30 dae, maar die jaar volgens die son, 364 dae.

Daar is dus gereeld aanpassings gemaak vir die verlore dae ’n jaar, soms selfs ’n dertiende maand ingevoeg in die jaar (Adar II) om min of meer by die sonjaar te bly ter wille van die seisoene, sodat bv Paasfees in die lente kon bly en Pinkster in die oestyd.

Dit beteken die weke van hulle dienswerk het nie presies in die maanmaand ingepas nie, so daar is telkens aanpassings gemaak. Enige berekening wat ’n mens maak moet die onsekerheid van die ooreenkoms tussen die weke en die aanpassing in die maande verreken.

Eers ’n bietjie agtergrond oor die jaartal waarvan ons praat.

Lukas verbind die verhale van die Verlosser aan die gebeure op die wêreldfront ter wille van die konteks daarvan (Luk 2:1-3). Hy noem keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië. Eersgenoemde omdat Palestina deel van die Romeinse ryk was, en laasgenoemde omdat hy waarskynlik die hele Palestynse gebied se volkstelling gereël het (volgens sommige historici was Quirenius Varus toe goewerneur, met Sirenius waarskynlik ’n militêre veldheer wat Varus bygestaan het).

Die volkstelling het in 8-6 vC plaasgevind, wat min of meer die tyd is toe Jesus gebore is. Hierdie volkstelling, sê Lukas, was die eerste van sy soort. Daar was ook ‘n tweede volkstelling (Hand 5:37) toe daar ‘n volksopstand was deur Judas, die sogenaamde Galileër.

Lukas verwys ook na Herodes wat bevestig dat hierdie gebeure voor ons jaartelling plaasgevind het (Luk 1:5), want Herodes is dood in die jaar 4 vC. Die aankondiging van Johannes die Doper se geboorte aan Sagaria was dus waarskynlik tussen 7 en 6 vC (Luk 1:5-25).

Nou, ’n groot “as”.

As Sagaria dus in die jaar 7 vC die laaste week van die maand Ziv sou diens gedoen het, sou sy dienstyd min of meer met die eerste week van Mei ooreengestem het (Biblical Lunar Calendar). As sy dienstyd die laaste week van die maand Bul was, sou dit min of meer met die eerste week in November ooreengestem het.

Nog ’n groot “as”.

As Elizabeth die tweede week van Mei óf die tweede week van November swanger sou geword het, en Maria ses maande later, sou Jesus (indien alles normaal verloop het) vyftien maande ná Sagaria se dienstyd in óf Mei óf November gebore gewees het.

Dit beteken Jesus is óf in September 6 vC óf in Januarie 5 vC gebore.

‘n Jaar vroeër of later afhangende van waar ‘n mens vir Sagaria plaas …

Daar is egter soveel “asse” in hierdie berekening dat die eintlike punt wat ek daardeur wil maak, is dat dit bykans onmoontlik is om die datum van Jesus se geboorte presies te bepaal.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏