Skip to main content

Die twaalf “kleiner” profete

prayer-shawlDie profete was in die Ou Testament by uitstek kanale van God se kommunikasie met mense. Hulle was “hoorders” van God se boodskap, “sieners” van wat God beplan, “woordvoerders” van God wat sy wil aan die volk oorgedra het en “voorbidders” vir die mense wat by God vir hulle ingetree het.

Ons fokus die eerste kwartaal van 2015 op die boodskap van twaalf van hierdie profete, die sogenaamde “Kleiner Profete”, wat vir ons in die OT opgeteken is. Hierdie profete help ons om God in sy volhardende liefde (Hosea) en omvattende en universele ontferming (Jona) raak te sien. Deur hulle oë kry ons dit reg om God se boodskap van oordeel oor verwaandheid, geestelike afsydigheid en minagting van God te begryp (Obadja, Nahum, Sefanja, Maleagi). Hy soek immers geregtigheid in alle sfere van die lewe (Amos) en ‘n dankbare erkenning van sy heerskappy in en oor alles (Miga).

Tegelykertyd leer ons by hulle hoe ‘n mens ten spyte van teenspoed steeds kan jubel in God (Habakuk), en jou kan verheug in die teenwoordigheid van die Here (Miga, Haggai) terwyl daar op die koms van die Messias en sy heerskappy gewag word (Joël, Sagaria, Maleagi).

Die boeke – met my voorlopige opsomming van hulle boodskappe en die orde waarin ek hulle gaan hanteer – is as volg:

Continue reading

Profete in die OT

prayer-shawlDie eerste profeet waarvan ons lees in die OT was Abraham.   God sélf het Abraham só genoem (Gen. 20:7). Uit die verloop van Abraham se verhaal in Genesis lei ons af dat God hom só noem, omdat hy in ‘n besondere verhouding met God gestaan het. God het hom nie net geroep (Gen. 12) en ‘n verbond met hom en sy nageslag gesluit nie (Gen. 15; 17), maar Abraham ook ingesluit in die uitvoering van sy planne met die wêreld (Gen. 18). Abraham kon daarom as profeet tot God bid en vir mense intree. En God het Abraham se gebede in ag geneem in sy handelinge met mense en selfs nasies.

Continue reading

Die Twaalf Kleiner Profete

prayer-shawlEen boek

Die Kleiner Profete – Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, en Maleagi – word in die Hebreeuse OT teks as een boek geag. Daarom is dit ook gewoonlik op een boekrol een na die ander oorgeskryf. Dit maak deel uit van die tweede hoofdeel van die Hebreeuse Bybel (tenak), die Profete (nevi’im), in onderskeid van die Wet (torâ) en die Geskrifte (ketuv’im).

Dié boek het bekend gestaan as: “Die boek van die Twaalf“, of die “Kleiner Profete”, of soms net “Die Twaalf“. Daar is natuurlik ook die “groter” profete: Jesaja, Jeremia en Esegiël. Daniël, hoewel ook gereken as ‘n profeet, word in terme van die indeling van die OT by die Geskrifte gereken. Dit is ook belangrik om te onthou dat die term “kleiner” net na die lengte van die onderskeie profetiese boeke verwys – die langstes, Hosea en Sagaria het 14 hfste. en die kortste, Obadja 1 hfst. – nie na hulle belangrikheid of betekenis nie.

Continue reading

Die boodskap van die Twaalf Kleiner Profete

prayer-shawlTeologiese kernboodskap – verhoudings word gefundeer in die liefde van die Here

Sommige geleerdes reken dat die eerste ses Kleiner Profete rondom die tema van die problematiek van ongeregtigheid (iniquity) saamgestel is, en die laaste ses Kleiner Profete rondom die tema van die verskillende antwoorde daarop (Coggins). Ander weer vind ‘n tematiese samehang rondom die “dag van die Here” en ‘n fokus op Jerusalem wat in die meeste van die Kleiner Profete voorkom (Sweeney).

Die lyk vir my uit my eie lees van die twaalf boeke dat die teologiese kern van dié boodskap in die liefde van die Here gevind kan word, die konsep wat veral deur Hosea aangeroer word. Dit is vir my die sleutel om nie net die samehang van die Kleiner Profete se boeke te verstaan nie, maar nog dieper, om God se genade en sy oordeel te kan begryp.

Continue reading

Indeling van die leeswerk

Om al twaalf die Kleiner Profete in die eerste kwartaal ingepas te kry, gaan ons dit as volg lees:

Week Bydraes Byeenkoms Profeet Hfste.
Week 1 28/1-4/2 28 Januarie Hosea 7
Week 2 5/2-11/2 04 Februarie Hosea 7
Week 3 12/2-18/2 11 Februarie Joël/Amos 6
Week 4 19/2-25/2 18 Februarie Amos/Obadja 7
Week 5 26/2-4/3 25 Februarie Jona/Miga 6
Week 6 5/3-11/3 04 Maart Miga/Nahum 8
Week 7 12/3-18/3 11 Maart Habakuk/Sefanja/Haggai 8
Week 8 19/3-25/3 18 Maart Sagaria 10
Week 9 26/3-1/4 25 Maart Sagaria/Maleagi 8
Week 10 01 April Afsluiting
67

Bybel Direkte Vertaling

Ek gebruik ook die Bybel Direkte Vertaling (BDV) sover ek kan. Elf van die Twaalf Kleiner Profete is al in proefvertaling vorm gepubliseer. Dit is net Hosea wat nog nie daar afgelaai kan word nie. Ek het wel ‘n voor-proefvertaling bekom, maar kan dit ongelukkig nie beskikbaar maak nie.

Julle is welkom om die onderstaande skakels te gebruik om dié ander elf boeke af te laai en dit te gebruik in julle leeswerk. My aanhalings sal meesal hieruit kom, hoewel julle natuurlik ook die gewone NAV of OAV of selfs enige ander vertaling kan gebruik.

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!