Die eerste beginsel van Skrifuitleg

Skrif moet Skrif uitlê!

9436-santo-ireneuDie eerste dogmatikus van formaat was Ireneaus (130-202 n.C.).  So word hy deur een van die groot dogmatici van die vorige eeu, Emil Brunner, beskryf.  Hy kon op weergalose wyse verbande lê tussen waarhede: Sê Emil: “No other thinker was able to weld ideas together which others allowed to slip as he was able to do, not even Augustine or Athanatius.” Verstommende twintigste eeuse eer aan ’n tweede eeuse denker!

En geen wonder nie.  Hierdie pastor en biskop van Lyons in Frankryk is die vernaamste rede waarom die kerk van sy tyd, en tot vandag toe nog, nie in die populêre dwaallering van die Gnostisisme verval het nie.  Irenaeus het ’n vyf volume werk geskryf: Detection and Refutation of What is Falsely Called “Knowledge”, of soos dit veral bekend geword het, Against Heresies.

In boek twee, Slaying the Dragon, wys hy nie net die basis van die problematiek van die Gnostisisme uit nie, maar ook hoe dit oorwin kan word.  Die Gnostiek se vreemde idees oor die skepping wat sleg is, en daarom dat ons fisiese liggame verwerplik is, dat Christus nie regtig mens geword het nie, maar “passed through Mary just as water flows through a tube”, dat Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, maar een in sy plek gesterf het, kom uit ’n verwarde lees en interpretasie van die Bybel.  Die teks van die Bybel word verander deur ander idees daarin in te lees en/of verwerp deur die boodskap daarvan te ignoreer.  So raak hulle: “perverters, abusers, and evil interpreters of the Scriptures.

Irenaeus stel daarom die Skrif-deur-Skrif beginsel as die fundamentele manier waardeur ’n mens enige dwaalleer in die kiem kan smoor.  Skrif moet Skrif uitlê. Dit is waar alle goeie eksegese en hermeneuse begin.  Dit staan direk teenoor enige poging om nie-Skriftuurlike beginsels op die Skrif van toepassing te maak waardeur die boodskap daarvan verdraai en verketter word.

Soos Michael Reeves dit in sy uitstekende Theologians you should know, sê:

“Irenaeus argues, the root of the problem lay in how the Gnostics read Scripture. He suggests that they treated Scripture like a mosaic, taking whichever tiles they liked and rearranging them to come up with whatever image they fancied, so transforming the original picture of, say, a king, into something entirely different, perhaps that of a dog or fox. They are thus, he says, perverters, abusers, and evil interpreters of the Scriptures. Yet how exactly they are so is vital for Irenaeus. The reason they warp Scripture is that they read it based on non-scriptural principles, forcing it to fit into an alien mold. Scripture cannot be so read, according to Irenaeus; rather, Scripture can be understood only by Scripture. No other knowledge, theological system, or oral tradition can accurately mediate the true meaning of Scripture.”

Sela.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: