Skip to main content

Kan jy oor Jesus praat uit die OT?

Stel jou voor dat jy net die Ou Testament byderhand het.  Iemand vra jou uit oor Jesus.  Sou jy die OT kon gebruik om Jesus aan iemand bekend te stel?

Dis wat Jesus gedoen het op die pad na Emmaus.  Dit is wat Petrus gedoen het op Pinksterdag. Dit is wat Filippus gedoen het op die pad na Gasa.  Dit is wat Paulus gedoen het regdeur die bekende wêreld van sy tyd. Dit is wat alle Christene van die eerste eeu kon doen, want dié OT was al Bybel wat hulle gehad en geken het.

Dit is ook wat sommige van die vroeg Christelike Apologete in die tweede eeu n.C. gedoen het, al was al die NT boeke al geskryf en die meeste in gemeentes in gebruik. Ons het daarom regtig ‘n herwaardering nodig van die krag van die OT as die Woord van God in ons dag!  Die OT is net soseer die Woord van God as die NT, soos dit inderdaad vir die eerste Christene was.

JustinMichael Reeves, Theologians you should know, vertel hoe die Apologeet Justinus, die martelaar (100-165 n.C.), in sy belangrikste boek, Dialogue with Trypho, gemik op die anti-Christelike aansprake van die Judaïsme, sy argumente NÉT uit die OT voer, omdat dit genoegsaam die evangelie van Jesus Christus verduidelik, selfs sonder die getuienis van die NT wat teen daardie tyd al voltooi en in gebruik was.

Hy skryf as volg:

If you knew, Trypho . . . who He is that is called at one time the Angel of great counsel, and a Man by Ezekiel, and like the Son of man by Daniel, and a Child by Isaiah, and Christ and God to be worshipped by David, and Christ and a Stone by many, and Wisdom by Solomon, and Joseph and Judah and a Star by Moses, and the East by Zechariah, and the Suffering One and Jacob and Israel by Isaiah again, and a Rod, and Flower, and Corner-Stone, and Son of God, you would not have blasphemed Him who has now come, and been born, and suffered, and ascended to heaven; who shall also come again, and then your twelve tribes shall mourn. For if you had understood what has been written by the prophets, you would not have denied that He was God, Son of the only, unbegotten, unutterable God.

Pragtig!  Laat my dink aan Frank Viola en Leonard Sweet se boek, Jesus. A Theography, wat waarskynlik die moderne ekwivalent is van Justinus se werk.  Hulle werk net so kwistig met die OT as Justinus, miskien met ‘n bietjie beter eksegetiese finesse, maar steeds met verstommende insigte oor die verband tussen Jesus van die NT en Jahwe van die OT.

Justinus het vir sy verdediging van die evangelie geboet met sy lewe.  Hy is onthoof. Mag ons net so getrou aan dieselfde Jesus vashou – en die Ou Testament wat alreeds van Hom vertel – al kos dit ons ook ‘n prys.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar