Die Comma Johanneum in 1 Johannes 5:7-8

Ek het ‘n navraag gekry oor die “weglating” van die woorde in 1 Johannes 5:7-8.  Hier is ‘n paar opmerkings om jou te help om self te besluit hoe jy daaroor dink.

Die 10de weergawe van die Griekse Textus Receptus (1598) bevat die volgende ekstra woorde in 1 Johannes 5:7-8:

(7Want daar is drie wat getuig …)

“in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; 8 en daar is drie wat getuig op die aarde”

(…: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.)

Dit kan jy in die OAV (1933) naslaan waar nie net die dele in hakies voorkom soos in die NAV (1983) is nie, maar ook dít wat vetgedruk is.

Dit is die “berugte” Rooms-Katolieke Comma Johanneum soos dit in die KJV (1611) en die OAV (1933) vertaal is.

Die ekstra woorde is egter sonder enige twyfel ‘n byvoeging en nie deel van die oorspronklike Griekse teks nie.

Hier is die storie sodat jy self daaroor kan oordeel:

  • Die Comma Johanneum was nie deel van die eerste uitgawe van die Textus Receptus van Erasmus in 1516 nie. Dit alleen bewys alreeds dat dit nie oorspronklik is nie.
  • Hoekom was dit nie deel van die Textus Receptus nie?
  • Want Erasmus het gesê hy kon dit nêrens in ‘n Griekse teks vind nie.
  • Daarom sal ‘n mens dit ook nie in Luther se Duitse vertaling van die NT in 1522 vind nie, want hy het die Textus Receptus gebruik (die tweede druk van 1519), en die frase was nie deel daarvan nie.
  • Vir die Rooms-Katolieke was dit egter nie aanvaarbaar nie.
  • Hoekom nie?
  • Want, die Comma Johanneum was ‘n baie belangrike deel van die Rooms-Katolieke dogma. Dit was ‘n primêre formulering van die Triniteit wat in ‘n 4de eeuse preek op 1 Johannes 5:7-8 gebruik is en toe in die Latynse Vulgaat (NT vertaling) ingeskryf is daarna.  Die preek se formulering het deel van die Latynse vertaling van die Bybel geword.
  • Erasmus wou egter nie daaraan byt nie en het geweier om sy teks te verander, sonder ‘n Griekse teks wat die woorde bevat.
  • Die Rooms-Katolieke kerk was egter nie links nie, en het ‘n Griekse teks geproduseer met dié frase ingesluit (kodeks 61 van 1520).
  • Druk is toe op Erasmus uitgeoefen om in sy Griekse NT dié frase in te voeg, op grond van die nuwe kodeks wat net ná sy Textus Receptus geproduseer is, en hy het ingegee en van die derde uitgawe af die frase ingesit. Beza het dit daarom ook ingesluit in die uitgawes wat vandag as die Textus Receptus gebruik word (die 10de uitgawe van 1598) wat vir die KJV (1611) gebruik is.
  • Met verdere navorsing is wel agtergekom dat daar 5 Griekse manuskripte is waarin die Comma Johanneum voorkom, maar die vroegste is eers uit die 14de eeu nC (ms 629) en heel waarskynlik onder invloed van die Latynse Vulgaat.
  • In nog 4 ander Griekse manuskripte word die woorde ook gevind, maar dan slegs in ‘n kantaantekening en hulle is almal ook latere uitgawes, die vroegste is uit die 12de eeu nC. Die teks verskil ook nog van manuskrip tot manuskrip en spesifiek van die uiteindelike Textus Receptus se weergawe.

Nie een van die talle uitstekende Griekse manuskripte uit die eerste Millennium bevat daarom die woorde nie. Dit is duidelik ‘n byvoeging uit die tweede Millennium onder invloed van die Rooms-Katolieke.

Jy kan meer lees in die The NET Bible First Edition Notes, Biblical Studies Press, 2006.

En onthou dat die leerstuk van die Triniteit nie deur die “weglating” beïnvloed word nie.  Ek het in twee boeke wat binnekort uitgegee word (Wie is God? vir volwassenes en Wat glo jy? vir kinders) die  volgende oor die Triniteit geskryf:

Wat is die Drie-eenheid?

Antwoord:

God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is
die oorsaak en oorsprong van alles. Die Seun is die Woord en Beeld van die Vader. Die
Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van die Vader en die Seun. Hulle is een in
waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid.

Oorweeg die volgende teksverwysings:

Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.” (Lukas 1:35)

Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.” (Matteus 3:16-17)

Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis aflê. (Johannes 15:26)

Omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. (Galasiërs 4:6)

Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind. (Kolossense 1:15-17)

Daar is dié drie wat getuienis aflê: die Gees, die water en die bloed en al drie is dit eens. (1 Johannes 5:7-8)

Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. (Matteus 28:19)

Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. (2 Korintiërs 13:13)

Oorweeg ook die volgende artikels in die belydenisskrifte:

Geloofsbelydenis van Athanasius 1-28; Nederlandse Geloofsbelydenis 8-9; Heidelbergse Kategismus 25; Westminster Geloofsbelydenis 2.3 – beskikbaar op dié webtuiste.

Bybel, Geloofsbelydenis, Geloofsbelydenisse


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d