Skip to main content

Die werklikheid van die opstanding van Jesus Christus

Gary Habermas en Michael Licona het ‘n indringende en omvattende ondersoek geloods na die werklikheid van die opstanding van die Here Jesus Christus. Dit is waarskynlik een van die beste stukke navorsing daaroor wat beskikbaar is, ten minste waarvan ek weet.  Dit is die boek om te lees as jy antwoorde soek op jou vrae, en antwoorde wil gee aan mense wat die opstanding bevraagteken.

Ek sluit graag daarby aan en maak aan die hand van hulle boek die volgende drie opmerkings waarin my eie geloof in die opgestane Jesus ook na vore kom.

  1. Die opstanding van Jesus word deur meervoudige, onafhanklike historiese bronne bevestig.
  2. Die opstanding word deur vyande van Jesus (Paulus) sowel as skeptici van daardie tyd (Jakobus, een van Jesus se skeptiese broers) bevestig.
  3. Vroeë ooggetuie verslae bevestig die opstanding van Jesus: die vroue, Maria, Kleopas en sy vrou/vriend, Petrus en die res van die dissipels, nog meer as 500 ander, Paulus, Jakobus ensomeer.

Gary en Michael gebruik ‘n minimalistiese benadering – uitgebreid gemotiveerd – om die vier algemeen aanvaarde feite waarop hulle die opstanding begrond, te motiveer, sowel as ‘n vyfde feit wat deur die meerderheid aanvaar word.  Hulle noem dit die “minimal facts approach”.

  1. Jesus het aan die kruis gesterf – bronne: die Joodse geskiedskrywer Josephus; die vier evangelies van die NT, Markus, Matteus, Lukas en Johannes; die Romeinse geskiedskrywer en senator Tacitus; die Griekse satirikus Lucian van Samosata; die Stoïsynse filosoof Mara Bar-Serapion; die Joodse Talmoed.
  2. Jesus se dissipels het geglo dat Hy uit die dood opgestaan het en aan hulle verskyn het – nege onafhanklike bronne getuig daarvan: die beskrywings van hulle opstandingsgeloof wat in die NT opgeneem is en duidelik op mondelinge tradisies berus en daarom vóór die geskrewe teks moes bestaan het: credos (1 Kor. 15:3-5), liedere (Ef. 5:14; 5:19; 1 Tim 3:16), opsommings (Luk. 1:1-4), en gedigte (Rom. 8:35-38; Fil. 2:5-11; 2 Tim. 2:11-13); Paulus skryf daaroor (1 Kor. 15); die vier evangelies van die NT, Markus, Matteus, Lukas en Johannes, skryf daaroor, sowel as Lukas met sy Handelinge van die apostels; daarby kom nog die onwrikbare getuienis van die dissipels wie se lewens só getransformeer is deur die opstanding dat hulle vervolging en martelaarskap verduur het vir hulle getrouheid aan die boodskap daarvan.  Die opstanding kon dus per definisie nie ’n legende gewees het wat oor tyd ontwikkel het nie.  Daarvoor was die getuienis van die opstanding té vroeg en té wyd deur ooggetuies bevestig.
  3. Die vervolger van die kerk, Paulus, is skielik verander.  Sy getuienis is van groot belang omdat sy verandering van vyand in vriend nie op ’n ander manier verklaar kan word as dat die opgewekte Jesus aan hom verskyn het nie.  Hy maak ook baie van die liggaamlike opstanding van Jesus (Hand. 13:34-37; 1 Kor. 15; Fil. 3:21).
  4. Die skeptiese Jakobus, broer van Jesus, is skielik verander.  Sy verandering van skeptisisme toe Jesus nog saam met hulle gelewe het (Joh. 7) tot onwrikbare geloof in die opgestane Jesus en leiding van die kerk (Hand. 15) kan net verklaar word aan die hand van iets wat werklik gebeur het.  Ditto Jesus se ander broer, Judas, wat ook ’n brief in die NT geskryf het.
  5. Die graf was leeg.  Dit sou onmoontlik gewees het vir die Christendom om van die grond af te kom as ’n beweging as Jesus se liggaam steeds in die graf was.  Die graf was leeg, soos selfs die Romeine en Jode getuig het, hoewel sommige van hulle die bewering gemaak het dat Jesus se liggaam gesteel is.  Die graf was egter leeg, hoe ’n mens ook al dit sou probeer verklaar.  Die vorige vier punte wys egter hoe onwrikbaar die getuienis was dat Jesus inderdaad opgestaan het.  Dit is genoeg om die leë graf te verklaar as ’n verdere getuienis van Jesus se opstanding.

Daar is ander redes wat hiermee saamgelees kan word – bv. die feit dat vroue die eerste getuies was van die opstanding.  Maar dié is genoegsame getuienis van die opwekking van Jesus.

Daar is nog baie ander dinge in die boek wat van waarde is, bv. die getuienis vir die bestaan van God, en die getuienis van ’n Intelligente Ontwerper.  Hulle gebruik Willam Dembski se kriteria daarvoor: 1) kompleksiteit wat toevalligheid uitskakel, en 2) patrone in die bestaan van goed wat net met intelligensie geassosieer kan word.  Demski noem dit “specified complexity” en toon aan hoe dié twee kriteria reeds gebruik word in forensiese wetenskap en die soektog na buite-aardse intelligensie (SETI bv.).  Daarby verwys hulle ook na die 45 kosmiese konstantes (Ross) waarvan die spesifieke waardes lewe in die heelal moontlik gemaak het. 
Lees ook die onlangse artikel van die fisici Lisa Dyson, Matthew Kleban en Leonard Susskind van Standford Universiteit en MIT, “Disturbing Implications of a Cosmological Constant”, wat stellig verklaar dat: “aside from assistance from an unknown agent outside the universe, the appearance of life in the universe requires ‘statistically miraculous events’ and is incomprehensibly unlikely.”  Dit is benewens die feit dat die ontstaan van DNS te kompleks is om spontaan per toeval te gebeur het. 

Ek dink die idees van die wiskundige Göder wat met sy Incompleteness Theorum reeds in 1931 ’n paradigma gegee het wat die goddelike ontstaan van die heelal kan verklaar, word nou eers na waarde geskat.  “Alles waarom jy ’n sirkel kan trek, kan nie volledig verklaar word vanuit die sirkel nie. Jy werk altyd met aannames van buite die sirkel wat nie bewys kan word nie.” Hy was enige tyd net só ’n groot gees van die vorige eeu as Einstein.

Maar, genoeg.  God bestaan, en sy Seun Jesus Christus het liggaamlik opgestaan om vir ons ’n ewige bestaan by God moontlik te maak.  Ek vier dit dié naweek saam met die hele Christelike kerk van die eeue.  Christos anesti – Christus is opgewek.

Habermas G. R. & M. R. Licona. 2004. The Case for the Resurrection of Jesus. Kregel: Grand Rapids.  http://www.amazon.com/Case-Resurrection-Jesus-Gary-Habermas/dp/0825427886


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.