Skip to main content

Obadja – God straf verwaandheid en afsydigheid

Inleiding

prayer-shawlOns weet nie regtig wie die profeet Obadja is nie. Hy was waarskynlik ‘n tydgenoot van Jeremia en Habakuk, en tree op net voor die ballingskap. Dit sien ‘n mens onder andere in sy verwysing reg aan die begin van sy boek na die ooreenstemmende profesie van Jeremia 49 teen Edom. Vergelyk vers 1 in Obadja wat identies is met Jer. 49:14 behalwe dat Obadja die meervoud vir die eerste subjek gebruik:

“Ons (Obadja)/Ek (Jeremia) het ’n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is ’n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê: Kom bymekaar, trek teen Edom op, maak oorlog teen hom!”. Jy kan meer van Jeremias se boodskap lees in my bydrae: Jeremia 49 – ’n Boodskap aan Ammon, Edom, Damaskus, Kedar-Gasor, en Elam.

Die oordeel wat Obadja uitspreek teenoor Edom kan dus waarskynlik die beste met hulle optrede teenoor Juda in die tyd net voor die ballingskap verbind word toe Jerusalem in 586 v.C. ingeval is en die bevolking weggevoer is.

Continue reading

Ek eis barmhartigheid, selfs wanneer ek oordeel

Ek het die diens vanoggend gelei by Aan die Berg Gemeente in Johannesburg oor die profeet Obadja. Tema: “Ek eis barmhartigheid, selfs wanneer ek oordeel.” Ek praat oor die noodsaak van barmhartigheid sowel as geregtigheid met verwysing na Jesus se verhaal van die Barmhartige Samaritaan (Luk 10) en Paulus se lering dat ons die kwaad met die goeie moet oorwin (Rom 12).

Watter vreugde om ook by die aanlyn kinderkerkdiens vir Aan-die-Berg Gemeente in te skakel, ook oor Obadja. Brits Janse van Rensburg het dit gelei. Uitstekende kreatiewe visuele aanbieding!

Onlangse kommentaar