Skip to main content

Tag: Matteus-leesplan

Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon

MATTEUS 2:22-23

22 Maar toe hy hoor dat Argelaos koning van Judea is in die plek van sy vader, Herodes, was hy bang om daarheen te gaan. En nadat hy in ’n droom gewaarsku is, het hy vertrek na die gebied van Galilea.

23 En daar aangekom, het hy gaan woon in ’n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is dat Hy ’n Nasarener genoem sal word.

Continue reading

Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel

MATTEUS 2:19-21

19 Toe Herodes gesterf het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef in Egipte

20 en sê: “Staan op en neem die Kind en sy moeder saam en gaan na die land Israel, want die mense wat die Kind se lewe gesoek het, is dood.”

21 Hy het toe opgestaan en die Kind en sy moeder saamgeneem en na die land Israel gegaan.

Continue reading

Herodes die Grote pleeg kindermoord

MATTEUS 2:16-18

16 Toe Herodes uitvind dat hy deur die sterrekundiges om die bos gelei is, het hy baie kwaad geword, en hy het opdrag gegee dat in Betlehem en al sy streke al die seuns van twee jaar en minder om die lewe gebring word, volgens die tyd wat hy by die sterrekundiges vasgestel het.

17 Toe is vervul wat deur Jeremia die profeet gesê is:

18 “’n Stem is in Rama gehoor,

’n gehuil en groot geweeklaag.

Ragel huil oor haar kinders,

en wil nie getroos word nie,

omdat hulle nie meer daar is nie.” (Jer. 31:15)

Continue reading

Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte

MATTEUS 2:13-15

13 Nadat hulle teruggekeer het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en neem die Kind en sy moeder saam en vlug Egipte toe, en bly daar totdat ek jou sê. Want Herodes gaan probeer om die Kind dood te maak.”

14 Hy het toe opgestaan en die Kind en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek,

15 en hy het daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat deur die Here deur middel van die profeet gesê is: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Hos. 11:1)

Continue reading

Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12

Ons lees vervolgens Matteus se vyf verhale van Jesus se kinderjare of meer korrek, sy peuter jare (0-3).

Matteus fokus op die reaksies van ’n wye reeks mense op die bekendstelling van God se herderleier, Jesus, in vervulling van die OT beloftes. Hy vertel vir ons van die besoek van die sterrekundiges, die reaksies in Jerusalem, die ontmoeting in Betlehem, die vlug na Egipte, die kindermoord deur Herodes, die terugkoms uit Egipte, en die uiteindelike verblyf in Nasaret.

Die gebeure van hoofstuk 2 vind duidelik ‘n tyd ná die geboorte van Jesus plaas. Die sterrekundiges gaan “in die huis” in om voor Jesus neer te kniel en Hom te aanbid. Hulle is dus nie meer in die stal nie. Josef-hulle het dus ‘n geruime tyd in Betlehem gebly vóór hulle eers na Egipte toe uitgewyk het, en daarna in Nasaret gaan bly het.

Continue reading

Onlangse kommentaar