Die hermeneutiese probleem

Prof. Hennie Rossouw skets alreeds veertig jaar gelede in 1979 die hermeneutiese probleem in die lees van antieke tekste. Hy formuleer die hermeneutiese probleem as die vraag: “Hoe lees ons ’n teks?” Dit is dus iets anders as om te vra: “Wat sê die teks?” Laasgenoemde vraag is gemik op inhoud. Eersgenoemde vraag is gemik op toepassing. Prof. Hennie se Referaat is hierby ingesluit vir dié wat meer wil lees (dankie Pieter Roux!).
Calvyn sou sê dit is die verskil tussen die simplex sensus (literêr-historiese betekenis) van die teks en sy usus (toepassing).
Prof. Hennie bespreek drie maniere waarop ’n mens die teks kan lees, fundamentalisties, wetenskaplik, en hermeneuties.
Onlangse kommentaar