Die volgende hoofdeel van Amos is profesieë veral gemik teen die noordelike tienstamme ryk van Israel, met hulle hoofstad Samaria en die heiligdomme by Bet-El, Gilgal en Berseba. Dit beslaan hfst. 3:1-9:10 wat afgerond word met vyf visioene in hfst. 7-9.
Hierdie eerste vier perikope kan ingedeel word onder die ironiese titel: “Israel weet nie hoe om reg te doen nie”, ‘n aanhaling uit hfst. 3:10.
3:1-8 – Die Here God het gepraat, wie sal nie daarna luister nie
3:9-15 – Die geweldenaars weet egter nie hoe om reg te doen nie
4:1-5 – Dié wat lekker lewe, sal ondergaan ten spyte van hulle godsdienstigheid
4:6-13 – Ek het julle deur peste en plae probeer bekeer, maar julle wou nie
Die boek begin met ‘n paar detail opmerkings oor Amos en sy tyd om dit histories te veranker. Dit is min of meer die jaar 762 v.C., twee jaar voor die aardbewing (gebaseer op argeologiese getuienis), die tyd van Ussia van Juda en Jerobeam II van Israel. Amos, die skaapwagter (eerder as skaapboer) sien ‘n visioen van God (“woorde wat hy gesien het”) wat sy stem laat hoor soos ‘n leeu wat uit Sion brul.
In agt verwante profesieë word die Here se afgryse en veroordeling van die sosiale, nasionale en geestelike wanpraktyke van die omringende nasies uitgespreek:
die Arameërs (Damaskus – vandag Sirië – oor geweld teen vroue en kinders),
die Filistyne (Gasa – vandag Palestynse gebied – oor kontrakbreuk),
die Fenisiërs (Tirus – vandag in Lebanon – oor mensehandel),
die Edomiete (Teman, Bosra – vandag in Jordanië – oor ‘n gebrek aan broederliefde),
die Amonniete (Rabba – vandag deel van Jordanië – oor geweld teen vroue en ongebore kinders), en
die Moabiete (Kerijot – vandag deel van Jordanië – oor disrespek vir die dood).
By dié veroordeling word Juda, die suidryk (oor sinkretistiese afgodediens), ook ingesluit, maar die langste en wydlopendste veroordeling word aan Israel, die noordryk (oor sosiale ongeregtigheid én minagting van die Here), afgestaan. Daarop word ook verder in die volgende hoofdeel van Amos uitgebrei.
Die profesieë word telkens ingelei met die frase: “So sê die Here …”, waaraan ‘n idiomatiese uitdrukking gekoppel is wat God se afgryse van wat hulle doen, oor te dra: “Oor drie oortredings van (xxx – naam van nasie), ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie …” Dit is nie bedoel om ‘n presiese aantal oortredings aan te wys nie, maar net die herhalende aard van hulle oortredings en die onherroeplikheid van God se oordeel daaroor te onderstreep.
Die boek Amos, tydgenoot van Jesaja, Jona, Miga en Hosea, volg derde in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, waarskynlik om die wydverspreide problematiek van ongeregtigheid aan te roer, veral sosiaal-polities (verdrukking, uitbuiting, mensehandel, afpersing, mishandeling en uitbuiting van armes en weerloses tot eie voordeel, onsedelikheid, geweldadigheid – veral geweld teenoor vroue en kinders, verontregting en omkopery in die regstelsel, kontrakbreuk, ongebreidelde geldgierigheid) en geestelik-godsdienstig (sinkretistiese afgodediens, godsdiens sonder geregtigheid).
Amos roep ook die Noordelike tienstamme ryk op tot hereniging met die Suidelike tweestamme ryk van Juda, gemotiveer met die belofte van die herstelde Dawidiese koninkryk met Jerusalem as sentrum.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar