Skip to main content

Spreuke 2:1-8 – God beskerm die pad van sy getroue volgelinge deur sy gawe van wysheid

24 Junie

Spreuke 2:1-8 – God beskerm die pad van sy getroue volgelinge deur sy gawe van wysheid

1My seun, as jy my woorde aanvaar, my opdragte veilig by jou hou 2deur aandagtig te luister na wysheid, jou hart te rig op verstandigheid, 3ja, as jy om insig roep, hardop roep om verstandigheid, 4 as jy dit nastreef soos silwer, dit soos ‘n verborge skat naspeur, 5dan sal jy insig hê in ontsag vir die Here, en kennis van God sal jy vind. 6Ja, net die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstandigheid. 7Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as ‘n skild vir hulle wat onberispelik leef, 8deurdat Hy die paaie van die reg bewaak; die pad van sy getroue volgelinge beskerm Hy.

Daar is twee maniere waarop die Bybel oor die verkryging van wysheid praat. 1) God gee wysheid vir dié wat Hom vertrou. God werk vir hulle selfs wanneer hulle slaap (Ps 127:2 – ’n Psalm van Salomo!). 2) God gee wysheid in die doelgerigte soeke na wysheid, ‘n verantwoordelikheid wat ons nie kan ontwyk nie. Om die waarheid te sê, dit is meermale hoe dit werk. Dit is met laasgenoemde doelgerigte soektog wat Spreuke hier mee begin. Daarom sê die pa vir sy seun: hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in, roep en vra, soek en jy sal dit opspoor. Die pa moedig dus sy seun aan om wysheid met gespitste ore te soek, want dán sal hy agterkom dat God wysheid uitdeel, dat die eerste manier hoe ‘n mens wysheid bekom ook vir hom waar sal word. Die Here sal hom nie teleurstel nie. Wysheid is ’n gawe van God, saam met sukses, beskerming, en regverdigheid. Dan sal hy op die regte pad kan bly.

Vers 7 is ‘n besondere belofte. Vergelyk die volgende vier vertalings: “Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ’n skild vir die wat regskape wandel.” (1933/53-vertaling) “Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.” (1983-vertaling) “Vir die opregtes hou Hy vindingrykheid in bewaring, as ‘n skild vir hulle wat onberispelik leef.” (2020-vertaling) “He’s a rich mine of Common Sense for those who live well, a personal bodyguard to the candid and sincere.” (The Message) Die prentjie wat ek hier kry, is dat God ‘n groot skuur of pakhuis vol hulp en beskerming gereed het vir dié wat op Hom vertrou. Dit sluit “vindingrykheid” en “common sense” in. Jy kan dit dus van God vra – jou bestelling instuur – en verwag dat God dit uit sy oorvloed sal gee!

Maar, dit gebeur net binne ‘n groeiende verhouding met die Here. Soos Jesus dit later sterk sou beklemtoon in sy bediening en onderrig met die bekende uitspraak in die Bergrede: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” (Matt 7:7-8). Die “vra” veronderstel ‘n “verhouding”. Interessant is dat Jesus hierdie gawe van wysheid met die gawe van die Heilige Gees verbind, die goeie gawe van God (Luk 11:13), net soos wat dit hier in Spreuke 2 gedoen word. En Jakobus sê dat ’n mens wysheid van God kan afbid (Jak 1:5). Watter belofte! Lees gerus die res van die hoofstuk om verder oor God se belofte van wysheid en beskerming na te dink.

Lees meer: https://bybelskool.com/spreuke-21-22-soek-wysheid-met-gespitse-ore/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.