Skip to main content

Kolossense 1:1-14 – God gee al die krag om geduldig in alles te volhard

6 Julie

Kolossense 1:1-14 – God gee al die krag om geduldig in alles te volhard

1Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en die broer Timoteus, 2aan die heiliges in Kolosse, gelowige broers in Christus: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader! 3Elke keer wanneer ons vir julle bid, dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus. 4Dit doen ons, want ons het gehoor van julle geloof in Christus Jesus, en die liefde wat julle vir al die heiliges het, 5op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag. Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie, 6julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei. 7Dit het julle geleer by Epafras, ons geliefde medewerker, wat ter wille van julle ‘n getroue dienskneg van Christus is. 8Dit was ook hy wat ons vertel het van die liefde wat die Gees in julle bewerk het. 9Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, 10om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God, 11en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap 12moet julle die Vader dank, omdat Hy julle geskik gemaak het om deel te hê aan die heiliges se erfdeel in die lig. 13God het ons uit die mag van die duisternis gered, en verplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun – 14deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het.

Die gemeente van Kolosse is waarskynlik nie deur Paulus gestig nie (Kol 2:1), hoewel hy op ‘n keer deur die landstreek van Frigië, waar hulle geleë was, gereis het (Hand 16:6). Hulle was egter duidelik sterk onder sy invloed. Epafras wat van Kolosse af was – en ook Paulus se medewerker – was moontlik die skakel tussen hulle, en ‘n moontlike stigter van die gemeente (Kol 1:7; 4:12). Die brief is uit die gevangenis geskryf – soos ook Filippense, Efesiërs en Filemon – en soos met die ander drie briewe word die brief met Paulus se Romeinse gevangenisskap verbind (Kol 4:3,10,18). Die brief was dus waarskynlik in die vroeë sestigerjare nC geskrywe, net voor ‘n aardbewing die stad getref het in 61 nC en volgens historici waarskynlik die plek verwoes het. Vandag is daar net ruïnes oor.

Dit is duidelik dat Paulus hierdie brief skryf om sekere idees en praktyke wat begin posvat het in die gemeente se invloed teë te werk. Hy staan aan die een kant die okkultiese en astrologiese beginsels teë (“kosmiese elemente” wat dui op: “die magte van die heelal” – O’Brien – Kol 2:8,20). Daar was selfs ook sprake van ‘n aanbidding van engele (Kol 2:18), en asketiese gebruike (“liggaamlike kastyding” – Kol 2:23). Hy staan aan die ander kant ook die Joodse voorskrifte teë rondom dieet (Kol 2:21), feeste  (jaarlikse feeste en die nuwemaansfees – Kol 2:16) en die hou van die sabbatdag (Kol 2:16). Dit het gedreig om die boodskap van Christus in hulle gemeente te verdring en hulle in bygeloof te laat verval. In Christus is hulle immers dood vir die invloed van die magte van hierdie wêreld (Kol 2:20). En hierdie tipe leerstellings maak geen bydrae tot ‘n mens se verlossing nie (Kol 2:23). Selfs die besnydenis is nie meer ‘n onderskeidingsteken van die Christen se geloof nie, net die werklikheid van Christus in elkeen se lewe (Kol 3:10). Daarom maak Paulus beswaar teen enige vermenging van die geloof in Christus met ander leerstellings, veral wanneer dit nog met jou saligheid verbind word.

Let op wat Paulus vir hulle hier bid. Hy wil hê dat God se krag in hulle aan die werk sal kom sodat hulle die krag sal hê om geduldig in die Christelike lewe te volhard. Dit sluit beide die “volle kennis” van God se wil (epignosis) in – dws intellektuele kennis – sowel as “al die wysheid (sophia) en insig (sunesis) wat die Gees gee” – dws die praktiese kennis. Dit is al manier waarop hulle ‘n lewe sal kan lei wat die Here waardig is; deur net te doen wat Hy verlang; deur te leef met die een doel voor oë, en dit is om God tevrede te stel. Maar die interessante is dat as hulle groei in die kennis van God in die praktyk deur onder andere die vrugte van goeie werke, lei dit nie net tot die geduld om te volhard in alles nie, maar tot ’n verdere groei in die kennis van God self. NT Wright sê: “The argument is not circular (as might at first appear), but spiral. Paul prays that they may increase in knowledge of God’s will, with the result that the Colossians will live as God wants them to and so increase in the knowledge of God! Understanding will fuel holiness; holiness will deepen understanding.” (Colossians and Philemon)

Lees meer: https://bybelskool.com/kolossense-11-14-om-god-te-ken-en-vir-hom-te-lewe/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.