Skip to main content

Die geldigheid van die wet van God is ’n komplekse saak in die NT

Ek het vanoggend nagedink oor die geldigheid van die wet in die NT.  Hier is ‘n paar opmerkings oor hierdie komplekse saak.

  • Jesus leer ons dat die wet tot die einde van krag bly (Matt. 5:18; Rom. 3:31). Trouens, die hele Bergrede (Matt. 5-7) is ‘n uitleg en toepassing van die wet.
  • Jesus oordeel daarom aan die einde van die tyd almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat wetteloos lewe. Sonde is immers wetteloosheid soos Johannes later vir Jesus sal eggo (Matt. 13:41; 1 Joh. 1:4).
  • Jesus lê klem op reinheid van hart (Matt. 5:8), is duidelik oor watter dinge hy bedoel ‘n hart onrein maak (Mark. 7:20-23), maar verklaar wel alle kos rein (Mark. 7:19) soos Paulus ook doen (Rom. 14:20).
  • God wys in lyn hiermee vir Petrus ná die opstanding dat mense uit alle nasies die evangelie kan ontvang en aanvaar: dat “in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” (Hand. 10).
  • Paulus kom daarom tot die einde van sy lewe die wet van Moses persoonlik na (Hand. 24:14; 25:8). Daar is talle bewyse daarvan. Die besnydenis van Timoteus (Hand. 16:3), die reinigingsrituele wat hy nakom (Hand. 21:26) en sy offers in die tempel (Hand. 24:17).
  • Paulus verkondig ook die evangelie uit die wet van Moses (Hand. 28:23) soos talle ou kerkvaders hom nadoen.
  • Gelowiges staan egter nie meer onder die wet nie, maar onder die genade (Rom. 6:15). Dit verkondig Paulus ook helder.
  • Gelowiges behoort nou aan Christus (Rom. 7:4). Dit is die goeie nuus van die evangelie.
  • Gelowiges is vrygemaak van die wet om in die nuwe bedeling van die Gees te leef (Rom. 7:6).
  • Die wet van die Gees het gelowiges vrygemaak van die wet van sonde en dood (Rom. 8:2).
  • Gelowiges kom nou die eise van die wet na deur die Gees hulle te laat beheers (Rom. 8:4). Let op dat dit steeds die eise van die wet is!
  • Christus is egter steeds nie net die vervulling van die wet nie, maar ook die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word (Rom. 10:4 – “tot geregtigheid van elkeen wat glo”). Anders sou ons nooit in die genade kon leef nie.
  • Die liefde is nou die volle uitvoering van die wet (Rom. 13:10). Maar, let ook daar op dat amper elkeen van die Tien Gebooie genoem word as dié dinge wat die wet van die liefde begrond. Liefde is immers om nie te steel nie. Liefde is immers om nie dood te maak nie. Liefde is immers om nie egbreuk te pleeg nie, ensovoorts.
  • Gelowiges is nou onder die wet van Christus (1 Kor. 9:21). Sy genade spreek vry en maak heilig onder leiding van die Heilige Gees.
  • Maar, vir Christelike gedrag word die wet steeds ingespan, bv. in hoe mense in die gemeente moet optree (1 Kor. 14:34), ook kinders teenoor hulle ouers (Ef. 6:1) en rondom die tipe sondes wat vermy moet word (1 Tim. 1:9-11). Daar is ook talle ander plekke waar Paulus riglyne neerlê wat met die wet verbind kan word (bv. Rom. 1; Gal. 5-6; 1 Kor. 5-7) waarin veral die eis van die wet rondom reinheid (1 Tes. 3:13; 4:3-7; 1 Kor. 5:8; 1 Tim. 1:5; 4:12; 2 Tim. 2:22; Fil. 4:8) en heiligheid (Rom. 6:19; Ef. 1:3; 4:24; Kol. 1:22; Hebr. 12:10) ‘n belangrike rol speel. Ons reinheid en heiligheid moet immers soos Jesus s’n wees (1 Pet. 1:15; 1 Joh. 3:3). Die wet is immers ’n tugmeester na Christus toe (Gal. 4:23-25).
  • Gelowiges moenie hulle vryheid van die wet misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie (Gal. 5:13), want dan is hulle juis besig om die wet van God te oortree.
  • Die wet met al sy gebooie en bepalings is egter opgehef om plek te maak vir die heidene (Ef. 2:15) soos die vergadering in Handelinge ook erken het, behalwe vir afgodery en sedeloosheid (Hand. 15). Daarom die brief van Jesus aan Tiatira wat waarsku teen afgodery en onsedelikheid (Openb. 2:18-29).
  • Die regte lering oor die wet – dat dit vir wettelose en opstandige mense bedoel is – is in ooreenstemming met die evangelie (1 Tim. 1:9-11). Die wet bly dus van krag vir hulle wat sonde doen.
  • Hoekom? Want sonde is wetteloosheid (1 Joh. 1:4; 3:4). Daarom bly die wet van God geldig in die veroordeling van oortreders daarvan as sondaars (Jak. 2:9). Jy is net vry as jy in Christus glo en deur die Gees in ‘n nuwe lewe begelei word. Sonder die heiligmaking sal niemand God sien nie (Hebr. 12:14).
  • Dit is nie om dowe neute wat Openbaring dié wat ‘n deel het aan die ewige lewe: “salig en heilig” noem nie (Openb. 20:6)!
  • Laastens. Dit is hoekom die Geloofsbelydenisse van die Gereformeerdes steeds ‘n rol aan die wet toeken in beide die oortuiging van sonde en die dankbaarheid vir die verlossing, bv. die Heidelbergse Kategismus, gebaseer op bogenoemde verwysings uit die Skrif.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Herodes die Grote pleeg kindermoordDankie.
  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…