Die erfsonde
Ek het ‘n navraag gekry oor die erfsonde. Hier is ‘n paar gedagtes daaroor.
Die idee van die erfsonde kom van die besinning van veral Dawid in Psalm 51 en Paulus in die brief aan die Romeine 1-8. Kyk veral na Romeine 5 waar Paulus dit met Adam in verband bring. Dit het ‘n neerslag gevind in die teologie van Irenaus wat die eerste verwoording daarvan gepubliseer het in Against Heresies, sowel as in Augustinus se City of God waarin hy onder andere gesê het:
“Even infants are born sinners, not by their own act, but because of their origin.”
Die Hervormers Luther en Calvyn het dié idee in hulle teologie opgeneem wat uiteindelik ‘n neerslag in al drie Gereformeerde belydenisskrifte gevind het.
Calvyn skryf in sy Institusie die volgende daaroor in Book II. chap. i:
“Therefore original sin is seen to be an hereditary depravity and corruption of our nature diffused into all parts of the soul … wherefore those who have defined original sin as the lack of the original righteousness with which we should have been endowed, no doubt include, by implication, the whole fact of the matter, but they have not fully expressed the positive energy of this sin. For our nature is not merely bereft of good, but is so productive of every kind of evil that it cannot be inactive. Those who have called it concupiscence [a strong, especially sexual desire, lust] have used a word by no means wide of the mark, if it were added (and this is what many do not concede) that whatever is in man from intellect to will, from the soul to the flesh, is all defiled and crammed with concupiscence; or, to sum it up briefly, that the whole man is in himself nothing but concupiscence.“
Luther skryf in sy kommentaar op Romeine as volg daaroor:
“But what, then, is original sin? According to the Apostle it is not only the lack of a good quality in the will, nor merely the loss of man’s righteousness and ability. It is rather the loss of all his powers of body and soul, of his whole outward and inward perfections. In addition to this, it is his inclination to all that is evil, his aversion against that which is good, his antipathy against light and wisdom, his love for error and darkness, his flight from and his loathing of good works, and his seeking after that which is sinful. Thus we read in Psalm 14:3: “They are all gone aside, they are all together become filthy; there is none that doeth good, no, not one”; and in Genesis 8:21: “The imagination of man’s heart is evil from his youth.” Actual sins essentially consist in this that they come from out of us, as the Lord says in Matthew 15:19: “Out of the heart proceed evil thoughts, murders, adulteries, fornications, thefts, false witness, blasphemies.” But original enters into us; we do not commit it, but we suffer it. We are sinners because we are the sons of a sinner. A sinner can beget only a sinner, who is like him.”
Die leer van die erfsonde bely dus: dat ons nie sondig is omdat ons sonde doen nie, maar dat ons sonde doen omdat ons sondig is. Ons wil is gebonde vanweë ons sondige natuur en moet deur die Heilige Gees verlos word om God se genade in Christus te ontvang. Dit is ‘n sleutelbegrip vir die verstaan van sondigheid as iets waarmee ons gebore word, soos ook in ons doopformulier geformuleer word.
Hier is die direkte aanhalings uit ons belydenisskrifte.
Nederlandse Geloofsbelydenis
Artikel 15
DIE ERFSONDE
Ons glo dat die erfsonde deur die ongehoorsaamheid van Adam oor die hele menslike geslag uitgebrei het. Dit is ‘n verdorwenheid van die hele natuur en ‘n oorgeërfde gebrek waarmee selfs die klein kindertjies in die moederskoot besmet is. Dit is hierdie wortel wat in die mens allerhande sondes laat uitspruit. Dit is daarom so afskuwelik en gruwelik voor God dat dit rede genoeg is om die menslike geslag te verdoem. Dit word selfs nie deur die doop geheel en al tot niet gemaak of volkome uitgeroei nie, aangesien die sonde aanhoudend uit hierdie verdorwenheid opborrel soos water uit ‘n giftige fontein. Dit word die kinders van God ewenwel nie tot verdoemenis toegereken nie maar deur sy genade en barmhartigheid vergewe. God vergewe nie sodat die gelowiges in die sonde gerus sou slaap nie maar wel sodat die besef van hierdie verdorwenheid hulle dikwels sou laat sug in die verlange om van hierdie liggaam van die dood verlos te word, Ons verwerp hiermee die dwaling van die Pelagiane, wat sê dat hierdie sonde uit niks anders as uit navolging ontstaan nie.Ps. 51:7; Rom. 3:10; Joh. 3:6; Gen. 6:3; Ef. 2:5; Job 14:4; Rom. 5:14; 7:18-19.
Heidelbergse Kategismus
10 Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met ‘n regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie (c).(a) Gen 2:17; Rom 5:12. (b) Ps 50:21; 5:6; Nah 1:2; Eks 20:5; 34:7; Rom 1:18; Ef 5:6. (c) Deut 27:26; Gal 3:10.
Dordtse Leerreëls
Hoofstuk 2:
DIE DOOD VAN CHRISTUS EN DIE VERLOSSING VAN DIE MENSE DEUR SY DOOD
As deel van die regsinnige leer:
8. Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader, dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis – waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het – uit elke volk, stam, geslag en taal húlle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos, wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle die geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder, dat Hy hulle van al hulle sondes – sowel die erfsonde as die daadsonde wat náá en vór die geloof begaan is – deur sy bloed sal reinig. Ten slotte, dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar, en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.
As deel van die verwerping op grond van die regsinnige leer:
5. Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Alle mense is in die staat van die versoening en in die genade van die verbond opgeneem, sodat niemand vanweë die erfsonde aan die verdoemenis skuldig is of verdoem moet word nie, maar dat alle mense van hierdie sondeskuld vry is.Die Sinode leer: Hierdie mening is in stryd met die Skrif wat verklaar dat ons van nature kinders van die toorn is (Ef 2:3).
Hoofstuk 3 en 4:
DIE VERDORWENHEID VAN DIE MENS, SY BEKERING TOT GOD EN DIE WYSE WAAROP DIT PLAASVIND
As deel van die verwerping op grond van die regsinnige leer:
1. Daarom verwerp die Sinode die dwaling van hulle wat leer: ‘n Mens kan eintlik nie sê dat die erfsonde alleen voldoende is om die hele menslike geslag te veroordeel of om tydelike en ewige strawwe te verdien nie.Die Sinode leer: Hulle weerspreek immers die apostel wat sê: Deur een mens het die sonde in die wêreld ingekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het (Rom 5:12): en: Die oordeel was uit één tot veroordeling (Rom 5:16), en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).
Petro Maloney
Dr Chris – Ek was so dankbaar toe die Heilige Gees my na u webtuiste toe lei. Ek soek al ‘n geruime tyd so ‘n webtuiste waar elke Bybelboek opgesom kan word of die kruks van die teksverse verduidelik kan word.
Mag die Vader U ryklik seen met die werk.
Groete
Petro