Psalm 150 roep alles wat asem het op om God te loof: “na die omvang van sy grootheid.” Dit is die laaste van die Psalms wat ingesluit is in die kanon en sluit die vyfde Psalmboek met lof af. Waar elkeen van die ander vier Psalmboeke egter afgesluit is met ‘n vers van lof (41:14; 72:18-19; 89:53 en 106:48), word die hele Psalmboek hiermee met ‘n volle loflied afgesluit.
Die Psalm bevat tien reëls wat op dieselfde patroon die lof van God besing, amper soos ‘n Tien Gebooie van lof, wat afsluit met ‘n elfde oproep: “Alles wat asem het, moet die Here loof”.
Erkenning aan Shane Robinson (http://www.toughquestionsanswered.org/2015/09/11/commentary-on-1-samuel-17-18-david-and-goliath/)
As ‘n bonus gee ek vandag ook ‘n ekstra Psalm vir jou, Psalm 151. Dit is ‘n Psalm wat in die meeste van die Griekse vertalings van die OT voorkom (die LXX) wat beteken dat Jesus en die eerste gelowiges dié Psalm geken het. Daar is met die ontdekking van die Dooie See rolle ook twee Hebreeuse fragmente gekry wat waarskynlik die boustene van dié Psalm uitgemaak het.
Ek plaas die Psalm hier in die NRSV se weergawe daarvan[1]:
This psalm is ascribed to David as his own composition (though it is outside the number), after he had fought in single combat with Goliath.
1I was small among my brothers, and the youngest in my father’s house; I tended my father’s sheep. 2My hands made a harp; my fingers fashioned a lyre. 3And who will tell my Lord? The Lord himself; it is he who hears. 4It was he who sent his messenger and took me from my father’s sheep, and anointed me with his anointing oil. 5My brothers were handsome and tall, but the Lord was not pleased with them. 6I went out to meet the Philistine, and he cursed me by his idols. 7But I drew his own sword; I beheaded him, and took away disgrace from the people of Israel.
Dit is ‘n Psalm wat eintlik nie ‘n nommer het nie, soos die opskrif aandui, maar ter wille van die plek wat dit baie keer inneem aan die einde van die Psalmboek die nommer 151 gekry het in die vertalings daarvan.
Let op hoe Dawid die Here loof dat Hy na hom luister, dat Hy hom geroep het (Samuel), en dat God hom gebruik het om oorwinning vir die volk te bewerk in die geveg teen Goliat.
Mag die Here jou ook die ervaring gee dat Hy na jou luister, jou roep en jou gebruik in sy koninkryk!
ONTHOU DAAR IS MÔRE … NOG ‘N VERRASSING …
[1] Anon, 1989. The Holy Bible: New Revised Standard Version, Nashville: Thomas Nelson Publishers.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar