Die Kronis gee sy oordeel oor koning Amasia reeds in die tweede vers van dié hoofstuk: “Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie met sy hele hart nie.” Telkens was daar aspekte van sy regering wat ’n mens laat frons en wonder hoe hy dinge só verkeerd kon kry.
2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself
Ussia se lewe val in twee dele uiteen soos trouens in mindere of meerdere mate van die meeste konings in Kronieke gesê word:
- ‘n Tyd van voorspoed waarin hy die Here dien en doen wat reg is – vers 1-15;
- ‘n Tyd van afvalligheid waarin hy die Here minag en in sy geval met melaatsheid gestraf word – vers 16-23.
2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal
Ons lees vandag die verhaal van twee konings, Jotam en Agas, wat so uiteenlopend is as wat dit kan wees, nogal pa en seun. Die enigste ooreenkoms is dat hulle albei met plaaslike vroue van Juda getroud was:
- Jerusa, vrou van Jotam (en ma van Agas), was ’n dogter van Sadok, waarskynlik uit die priesterlike geslag. Interessant genoeg, word sy nie genoem as ma van Agas in die deel wat die Kronis oor hom skryf nie, anders as met sy pa Jotam en sy seun Hiskia. Dit is asof die Kronis sy misnoeë met Agas ook op dié manier wil uitdruk deur sy ma nie direk in verband met hom te noem nie.
- Abi, vrou van Agas (en ma van Hiskia hierna), was ’n dogter van Sagaria, waarskynlik dieselfde een: “wat insig in die openbaring van die God gehad het,” in die tyd van koning Ussia (2 Kron. 26:5). Sy word wel genoem in verband met haar seun Hiskia in die volgende hoofstuk.
2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig
Vier episodes reg aan die begin van Hiskia se regering word vertel wat die betekenis van sy bewind stempel:
- Hiskia laat die tempel skoonmaak om aan die Here gewy te word – 2 Kron. 29:1-19
- Hiskia neem die tempel in gebruik en wy die gemeente aan die Here – 2 Kron. 29:20-36
- Hiskia laat die Paasfees as nasionale fees vir die hele Israel vier – 2 Kron. 30:1-31:1
- Hiskia reël die insameling van die offergawes en die versorging van die tempelpersoneel – 2 Kron. 30:2-20
2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid
’n Paar verdere grepe van Hiskia se regeringstyd volg – die stryd met Sanherib van die Assiriërs, Hiskia se siekte en genesing, Hiskia se selfingenomenheid en berou.
Dit word meer uitgebreid vertel in 2 Kon. 18-20 asook in Jes. 36-39 met ’n hele paar onderlinge verskille:
Onlangse kommentaar