Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie
Ons lees die boek Jesaja in die eerste kwartaal. In die gemeente van Somerstrand word dit gekombineer met ‘n Bybelstudie– en preekreeks. Lidmate kan hulle in die week vooraf óf by ‘n Bybelstudiegroep óf in die Bybelskool ingrawe in die fokusteks vir die Sondag en bydraes maak, voor ons saam gaan luister na wat God vir die gemeente sê. Klik hier om direk na die bydraes oor die boek Jesaja te gaan.
Leesplan
Ons begin Donderdag 20 Januarie met die inleiding en oriëntering op die boek Jesaja sowel as die lees van hoofstukke 1-6. Die eerste byeenkoms in die gemeente is Woensdag die 26ste Januarie 2011 18:30.
Datum | Teks | Byeenkoms 18:30 |
20-26/1 | Jesaja 1-6 | 26/1 |
27/1-2/2 | Jesaja 7-12 | 2/2 |
3-9/2 | Jesaja 13-27 | 9/2 |
10-16/2 | Jesaja 28-35 | 16/2 |
17-23/2 | Jesaja 36-39 | 23/2 |
24/2-2/3 | Jesaja 40-48 | 2/3 |
3-9/3 | Jesaja 49-55 | 9/3 – geen byeenkoms! |
10-16/3 | Jesaja 56-61 | 16/3 |
17-23/3 | Jesaja 62-66 | 23/3 |
24-30/3 | Jesaja in die NT | 30/3 |
Registrasie
Enigiemand is baie welkom om in te skakel. Registreer aan die regterkant by Registrasie / TEKEN IN (of klik hier vir die direkte skakel), en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur. Registrasie en inskakeling is gratis. Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra. Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik. Ek antwoord graag.
Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk:
- 1 en 2 Samuel,
- 1 en 2 Konings,
- Markus in vergelyking met die ander evangelies,
- 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs en
- Galasiërs, Romeine en Rut.
Bydraes oor die boek Jesaja
[jwcatpostlist includecats=146]
Tags: Jesaja
Trackback from your site.
Lindie Steenkamp
| #
Dagsê
Ek wil graag weet of daar steeds gratis studie materiaal beskikbaar is vir 2015-2016?
Reply
Chris van Wyk
| #
Ja, die beplanning is DV om die Psalms dié jaar klaar te lees, dan Job in die eerste kwartaal volgende jaar, en daarna die eerste sewe boeke van die Bybel, Genesis tot Rigters. Dan sal my reis met die Bybel saam met julle voltooi wees.
Reply