Johannes 2:1–12 – Jesus bewys deernis sonder vertoon
RUS
- Ek het vandag krag nodig om ’n lang “to-do” lysie af te handel.
- Ek bid vir wysheid met prioritisering en afhandeling.
HOOR
- Ek lees die Skrifgedeelte terwyl my huismense begin roer.
- Die volgende aspekte uit die gedeelte tref my:
Jesus is by ’n bruilof in die dorpie van Natanael, Kana. Sy ma is daar sowel as sy dissipels (en waarskynlik ook sy broers [2:12]). Miskien was dit ’n familie-troue wat moontlik verklaar hoekom Maria verantwoordelik gevoel het om die gebrek aan wyn aan Jesus uit te wys – hulle gevolg was immers ’n groot groep ekstra gaste!
Sy ma se interaksie met Hom en die kelners sê vir my dat sy ook iets verstaan het van Sy deernis met mense, selfs wanneer so iets doodgewoons gebeur as wyn wat by ’n partytjie opraak. En dat sy ook geweet het dat Sy deernis tot optrede sal lei. Hoe dit ook al sy, sy bring die behoeftes van die gasheer en –vrou na Hom toe, in die verwagting dat Hy iets sal kan doen.
Onlangse kommentaar