Die boodskap van Joël vir vandag

Ek het ‘n navraag gekry oor die toepassing van die boodskap van die boek Joël vir ons as Nuwe Testamentiese Christene.
“Noudat vir ons sondes aan die kruis betaal is, is God se bedoeling nog steeds dat daar inkeer en omkeer van ons lewens moet wees voordat God sal help? Moet die verhoudings wat tussen ons en God en ons en ander mense verbreek is eers herstel word voordat God sal help? ( Ek verstaan dat God soewerein is en enige tyd kan help). As mens bogenoemde manier van verstaan deur trek na die huidige omstandighede in Suid Afrika, kan mens die afleiding maak dat ons as die volgeling van Jesus Christus ons voortgaande (nuwe onbelyde) sondes weer moet erken, bely en ons gedrag verander (omkeer) en voluit met dankbaarheid leef, voordat God die omstandighede in Suid Afrika sal verander?
Hier is ‘n kort antwoord wat die rigting aandui waarin ‘n mens moet dink hieroor.
Die sentrale tema in die boek van Joël is die koms van die “dag van die Here”. Dit het drie toepassings.

Onlangse kommentaar