Grondteksbedrog?
Die week in Die Burger was daar twee briewe wat beswaar maak teen die sogenaamde grondteksverskuiwing in die Afrikaanse Bybelvertaling wat afwyk van die Textus Receptus, soos met die 1983 Afrikaanse vertaling gedoen is. In die een brief word die huidige Bybelvertalers, predikante en selfs Christene aangekla dat hulle die grondteksbedrog aanvaar en word voorgestel dat ’n mens teruggaan na die ouer vertaling van 1933. In die ander brief word die Textus Receptus ook verkies bo ander tekstradisies, anders maak die wiskundige numeriese eienskappe en patrone in die Bybel nie meer sin nie.
Onlangse kommentaar