Petrus rond sy brief af deur te fokus op die laaste twee aspekte van hulle gemeentelike lewe wat hulle standvastigheid in die geloofstryd in die wêreld sal gee. Die eerste het te make met die leierskap in die gemeente en die absolute belang van vrywillige, geesdriftige versorging wat gewortel is in die voorbeeld wat hulle stel. Die tweede het te make met die navolging van die leiers se toesig en voorbeeld, terwyl almal saam op die kragtige hand van God sal vertrou. Hoekom? “Want Hy gee vir julle om!”
Ons lees die laaste hoofstuk dus aan die hand van dié indeling, waarna die slot van Petrus se brief aan die orde sal kom (vers 12-14):
Versorg die geloofsgemeenskap – 5:1-4
Volg die leierskap na en vertrou op die kragtige hand van God – 5:5-11
In die verdere ontwikkeling van Petrus se lering oor geestelike groei fokus hy nou op die interne en eksterne uitdagings wat hierdie geloofsgemeenskappe sal moet trotseer. Hulle sal vervreemding ervaar beide in terme van die verleiding van hulle eie menslike begeertes sowel as in die versoekings van ‘n samelewing wat losbandig lewe. Selfs wanneer hulle dié verleiding en versoeking weerstaan, sal dit nie die druk van hulle afhaal nie. Vurige beproewings en lyding – net omdat hulle Christene is – is deel van die pad van verlossing wat vir hulle voorlê.
Hy fokus daarom in die volgende twee hoofstukke op vyf sake wat hulle staande kan hou en laat volhard:
Laat julle lei deur die wil van God – 4:1-6
Bedien mekaar met julle genadegawes – 4:7-11
Verheerlik God in lyding en doen wat goed is – 4:12-19
Versorg die geloofsgemeenskap – 5:1-4
Volg die leierskap na en vertrou op die kragtige hand van God – 5:5-11
Dít is die dinge wat hulle standvastigheid in hulle geloofstryd in die wêreld sal gee. Ons lees vandag net hoofstuk 4 se drie dele en sal môre hoofstuk 5 se laaste twee lees.
Petrus voltooi die vyfde sirkel van sy lering oor geestelike groei in hierdie hoofstuk waarin hy uitspel hoe dit in die huwelikslewe tot sy reg sal kom deur in eerbied en begrip vir mekaar te lewe – vers 1-7. Ten slotte gee hy aandag aan ‘n paar algemene riglyne – ‘n mens kan dit ook as ‘n sesde sirkel van geestelike groei formuleer – vir hulle gedrag waarin hy op sekere temas uit die vyf sirkels van geestelike groei uitbrei – vers 8-22.
Regdeur is die voorbeeld van Christus steeds die maatstaf vir geestelike groei in al die verskillende dimensies van hulle verhoudinge met ander mense, uitgedruk met die algemene stelreël: “Wees mense wat seën omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.” Aan die einde van die hoofstuk raak Petrus ook die impak van die evangelie aan op dié wat reeds dood is.
In hierdie hoofstuk fokus Petrus op vier sirkels van geestelike groei waarop elkeen wat in Jesus Christus glo, moet fokus:
Sorg dat jyself geestelik groei deur die “melk van die woord” – 2:1-3
Laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis vir die Here – 2:4-10
Dien God in die gemeenskap deur goed te doen – 2:11-17
Respekteer jou werkgewer en volhard in goeddoen in die navolging van Christus – 2:18-25
Hy sal in die volgende hoofstuk nog verder uitbrei oor geestelike groei in die huwelik (3:1-7) waarna hy ook nog ‘n aantal riglyne vir hulle sal gee wat gebaseer is op die beginsel dat hulle tot ‘n seën vir die geloofsgemeenskap sowel as die breër gemeenskapslewe moet wees (3:8-17).
Dit alles word as ingebed in die navolging van die voorbeeld van die Here Jesus Christus verwoord: “Julle is immers hiertoe geroep … Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat sodat julle in sy voetspore kan volg” (2:21).
Dit is belangrik dat ‘n mens hierdie vier sirkels – vyf sirkels as ‘n mens die volgende hoofstuk in gedagte hou – nie só beskou dat jy hulle opeenvolgend moet bemeester nie. Jy begin nie by jou persoonlike lewe, vorder dan na inskakeling in die geloofsgemeenskap, en dan eers werk jy aan jou betrokkenheid in die gemeenskap, jou werksverhoudinge en jou huwelik nie. Wat vir die een sirkel van God se impak in jou lewe geld, geld eintlik ook vir die ander.
Wat ‘n mens wel moet onthou, is dat ‘n gebrek in die een sirkel sal impakteer op die ander. Slegte verhoudinge kan jou persoonlike geestelike lewe omkrap en omgekeerd. Gelukkig, ‘n vordering in die een sirkel sal ook altyd ‘n impak hê op die ander. Waar ek in my persoonlike geestelike lewe gevoed word deur die woord van die Here, sal dit ‘n impak hê op my inskakeling in die geloofsgemeenskap en hoe ek teenoor my werkgewer optree. En inskakeling in die geloofsgemeenskap sal my persoonlike geestelike groei bevorder, omdat ander my sal aanspoor en verantwoordelik hou om dit te doen. Só is dit met al vyf hierdie dimensies van die geestelike lewe. Al vyf dra by tot integrasie en integriteit in my geestelike volwassewording. Ons het al vyf nodig!
Petrus begin sy brief met ‘n helder trinitariese visie op God – 1 Pet. 1:1-2. Hy kies drie aspekte van God se verbintenis aan hulle uit om die gelowiges te bemoedig:
God die Vader se voorkennis en uitverkiesing van hulle van ewigheid af,
die Heilige Gees se heiligmakende krag om hulle tot gehoorsaamheid aan God te begelei, en
die besprinkeling met die bloed van Jesus Christus wat nie net iets is wat met die doop gebeur het nie, maar inderdaad deur hulle hele lewe hulle reinig om voortdurend met God in verhouding te kan staan.
Dit volg hy op met ‘n verdere lofrede op God – 1 Pet. 1:3-5 – waarna hy van hulle op hulle beurt ‘n paar verbintenisse vra:
Hy roep hulle op om oor hierdie God te jubel – 1 Pet. 1:6-12 – en
uit die hoop wat God gee, te leef – 1 Pet. 1:13-25. Dit sluit in dat hulle hele persoonlike lewenswandel heilig moet word (13-21), en dat hulle mekaar in die geloofsgemeenskap innig met rein harte moet liefhê (22-25).
Dit sal opgevolg word met verdere oproepe in die volgende hoofstukke:
om te fokus op geestelike groei binne die geloofsgemeenskap – “laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis” (1 Pet. 2:1-10),
sowel as op ‘n lewe van respek in die publieke gemeenskap (1 Pet. 2:11-17),
wat gewys moet word in arbeidsverhoudinge (1 Pet. 2:18-25),
die huwelik (1 Pet. 3:1-7),
en ‘n goeie leefwyse (1 Pet. 3:8-16).
Dit is immers wat dit beteken om Christus na te volg as mense wat deur God uitgekies is, en daarom as vreemdelinge in die wêreld lewe.
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar