Skip to main content

Spreuke 14:26-27 – Ontsag vir die Here is ‘n bron van lewe en gee sterk vertroue

2 September

Dit bly heerlik om die wyshede van Spreuke te oordink, en in jou eie konteks van toepassing te maak. Onthou egter dat ‘n mens nie alles kan inneem nie, en daarom ‘n seleksie móét maak waarop jy regtig fokus in jou leeswerk en veral waaroor jy dieper nadink. Dit is goed om “vas te val” by ‘n teks en dit diep te oordink. Vandag gee ek net twee verse uit Spreuke 14, maar jy kan gerus die ander verse in die vertaling van jou eie keuse deurlees, vir in geval daar ander is wat jou aandag gaan vang.

Spreuke 14 – Ontsag vir die Here is ‘n bron van lewe en gee sterk vertroue

26In ontsag vir die Here lê daar sterk vertroue, en vir iemand se kinders bied dit ‘n skuilplek. 27Ontsag vir die Here is ‘n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.

Spreuke fokus regdeur sterk op die “ontsag / vrees van die Here.” Die frase word 22 keer in Spreuke gebruik. Dit is die mees fundamentele basis van die wysheid. Wysheid begin nie in ons denke nie. Wysheid lê nie in die filosofie, godsdiens of wetenskap nie. Dit lê selfs nie in wat ons doen nie. Wysheid begin by die “vrees” vir God. Wanneer jy ontsag vir Hom het, begryp jy die sin en betekenis van die lewe; weet jy wat reg is, en wat verkeerd; weet jy wat om te dink en doen. Hier is ‘n lys van al die verse in Spreuke wat handel oor die “ontsag vir die Here” as jy dit almal wil nagaan: Spreuke 1:7; 1:29; 2:5; 3:7; 8:13; 9:10; 10:27; 13:13; 14:2; 14:16; 14:26; 14:27; 15:16; 15:33; 16:6; 19:23; 22:4; 23:17; 24:21; 28:14; 29:25; 31:30.

Vers 26 wys hier op die sterk sekerheid en vertroue wat die vrees vir die Here in jou laat ontstaan. Die ontsag vir die Here is ’n toevlug (‘n skuilplek soos ’n fort) vir jouself en jou kinders. Want, die vrees vir die Here beteken dat jy eintlik niks of niemand anders vrees nie, en die lewe tegemoet kan gaan in die sekerheid wat God se grootheid en voorsienigheid jou bied.  Vers 27 wys op die vrug wat die vrees van die Here in jou lewe bring. Die ontsag vir die Here is ’n bron (fontein) van lewe wat jou help om die strikke van die dood (‘n mens kan dit ook verstaan as “dodelike strikke” wat mense vir jou stel) te ontwyk.

Derik Kidner sê oor die betekenis van dié twee verse: “Godliness protects the soul by its solidity (26) and its vitality (27). Both aspects are necessary, since evil not only attacks but attracts us; therefore, the man of God must know (and show his family, 26b) something both stronger and better.

Lees meer: https://bybelskool.com/spreuke-141-35-soos-god-vir-ons-n-toevlug-is-skep-integriteit-veilige-ruimtes/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…