Skip to main content

Sefanja 3:14-20 – God reken af met almal wat jou verdruk

6 Desember

Sefanja 3:14-20 – God reken af met almal wat jou verdruk

14Jubel van vreugde, dogter van Sion, roep dit uit, Israel! Verbly en verheug jou met jou hele hart, dogter van Jerusalem! 15Die Here het die oordele oor jou afgewend, jou vyande uit die weg geruim. Die Koning van Israel, die Here, is in jou midde; jy sal geen onheil meer vrees nie. 16Op daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie vrees nie, Sion; Moenie dat jou moed jou begewe nie. 17Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.” 18“Die getreur by die fees sal Ek van jou af wegneem, dit is ‘n las op jou, ‘n skande. 19Kyk, Ek sal dan afreken met almal wat jou in daardie tyd verdruk het. Ek sal die verlamdes verlos, en hulle wat uitmekaar gejaag is, bymekaar maak. Ek sal hulle roem en aansien gee in elke land waar hulle verneder is. 20In daardie tyd sal Ek julle laat kom, terselfdertyd sal Ek julle bymekaarmaak. Ja, Ek sal vir julle onder al die nasies op aarde aansien en roem gee wanneer Ek julle lot voor julle oë verander,” sê die Here.

Sefanja is ‘n tydgenoot van Jeremia, Nahum, Obadja en moontlik Joël. Hy waarsku Juda en Jerusalem dat God se belofte van hulp net omhels kan word deur die nougesette terugkeer na en bekering tot die Here. Dan sal hulle met hulle hele hart kan jubel van vreugde. Die oorlog sal vergete wees, die vyand verslaan. Die Here self sal as Koning optree en hulle van rampe beskerm. Hulle moedeloosheid sal verdwyn.

Let op hoe pragtig Sefanja die teenwoordigheid van die Here beskryf: “Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.” ‘n Belofte van God se teenwoordigheid wat jy gerus met jou hele lewe kan omhels. Wat vir Israel gegeld het, geld ook vir ons in Jesus Christus.

Sefanja eindig met ‘n besondere woord van troos: “Ek sal dan afreken met almal wat jou in daardie tyd verdruk het. Ek sal die verlamdes verlos, en hulle wat uitmekaar gejaag is, bymekaar maak. Ek sal hulle roem en aansien gee in elke land waar hulle verneder is.” (vers 19). ‘n Mens kan daarin iets raaksien van die feit dat die Here baie bewus is van dié wat ter wille van ander regoor die wêreld en regdeur die eeue smaad gedra het. God tree op en stel onreg reg. Soos Hy van ons verwag dat ons reg sal doen, só sal Hyself altyd reg laat geskied, al sluit dit ook in dat Hy straf om deur die straf dinge reg te stel.

Lees meer: https://bybelskool.com/sefanja-39-20-na-die-oordeel-sal-die-here-julle-nuut-maak-met-sy-liefde/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.