Skip to main content

Jesaja 12:1-6 – God is jou toevlug en jou sterkte

7 Desember

Jesaja 12:1-6 – God is jou toevlug en jou sterkte

1Jy sal op daardie dag sê: “Ek dank U, Here, Ja, U was toornig op my, maar u toorn het bedaar, U troos my. 2Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom. 3Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing. 4Julle sal op daardie dag sê, ‘Prys die Here! Roep sy Naam uit! Maak onder die volke sy dade bekend! Verkondig dat sy Naam verhewe is! 5Besing die Here, want verhewe dinge het Hy gedoen; dit moet bekend word oor die hele aarde.’ 6Roep uit en jubel, inwoners van Sion, want die Heilige van Israel is groot in julle midde.”

Jesaja 11-12 spel ‘n kern karaktereienskap van God uit. Hy gee nooit moed op nie. Niks is ooit verlore waar Hy ingryp nie. Selfs wanneer Hy oordeel, oordeel Hy om te suiwer. Daar bly altyd ‘n oorblyfsel! “Daar sal ‘n grootpad uit Assirië wees vir die res van sy volk, dié wat oorgebly het, soos daar vir Israel was die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.” (Jes 11:16)

Daarom dat hoofstuk 12 vervolg met die loflied van die oorblyfsel wat deur God verlos is. Hulle sal elkeen op die dag van verlossing sing: “U was toornig op my, maar u toorn het bedaar, U troos my.” (vers 1). Dié blye boodskap sal weereens uitgebasuin word vir alle volke, want dit is wat God wil hê sy volk se bestaansdoel moet wees (vgl Jes 2 se droom), om sy lof aan alle mense te bring: “want die Heilige van Israel is groot in julle midde.”

Die NT skrywers het natuurlik sonder uitsondering die vervulling van hierdie belofte in Jesus Christus gevind (Bv Joh 1:32 – “Ek het duidelik die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly.”; Rom 15:7-13: “Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik … Jesaja sê: Isai sal ‘n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”)

Lees meer: https://bybelskool.com/jesaja-11-12-god-gee-nooit-moed-op-nie/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar