Skip to main content

Psalm 23 – Die Here is my Herder en my Gasheer

2 Mei

Psalm 23 – Die Here is my Herder en my Gasheer

1‘n Psalm. Van Dawid. Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie. 2In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. 3Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. 4Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan, is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my. Dit is u staf en u stok wat my gerusstel. 5U dek vir my ‘n tafel voor die oë van my teenstanders. U verfris my kop met olie; my beker loop oor. 6Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.

Psalm 23 werk met twee groot metafore vir God (met erkenning aan JD Barry, Faithlife Study Bible). Hy is die Herder (vers 1) en Hy is die Gasheer (vers 5). Aan dié twee metafore word al die beloftes van die Psalm gekoppel. God kan as Herder gelowiges beskerm en as Gasheer begelei tot oorvloedige lewe, selfs deur diep donkertes en vernietigende vyandskappe. Die beloftes van hierdie Psalm is daarom vir alle seisoene van die lewe. As Herder gee die Here tye van rus en vrede. Dis tye waarin ons ervaar dat ons niks kort kom nie; dat ons rus en vrede ervaar; dat ons krag het vir ons lewenspad. As Gasheer behandel God ons as eregaste by die feesmaaltyd wat Hy voorberei het en waar jy as uitverkore gas kan aansit terwyl ander jaloers moet toekyk. Die hartlikheid waarmee God ons oorlaai, is ‘n besondere voorreg in die lewe saam met God.

Die wonder van ‘n lewe saam met God, is dat daar altyd ‘n dubbele waarde is in enige goeie en vervullende ervaring. ‘n Goeie ervaring word nie net ervaar as ‘n geluk nie, maar as ‘n geskenk, as iets wat God gegee het en wat jou nie per toeval getref het nie, maar met opset, omdat God jou liefhet. Daarom dat Dawid hier skrywe dat die Here sy Herder is, sy Koning wat hom raaksien en vir hom goeie dinge uitdeel. Dit laat hom spesiaal voel en dit gee hom rus en vrede. Dit vul hom met nuwe krag. Daardeur kry hy rigting en betekenis in sy lewe. Beleef hy tye van vooruitgang en voorspoed. Pak hy uitdagende dinge aan en ervaar dat die Here die regte pad aanwys. Baie keer is die regte pad juis dié dinge wat God se eer sal bevorder en juis ‘n manier waarop die regte pad gekies kan word.

Maar dan is Psalm 23 ook die belydenis van iemand wat ervaar dat daar donker dieptes is en wat moet worstel met die pyn van nie-weet-nie, van uitgestelde beloftes, van ondeursigtige raaisels. Dis juis dan wat hy kan bely dat hy nie bang hoef te wees nie, want God is by hom en by God is hy veilig. Hierdie vertroue verdryf nie altyd die donker nie; dit beantwoord nie altyd die vrae nie; maar, dit hou vas aan hoe God Homself deur die eeue laat ken het, as die Betroubare, as die Herder, as die Een wat dinge laat meewerk ten goede, selfs al beteken dit dat die donkerte nie onmiddellik in lig verander nie. Soms lei God se paaie egter wel uit die donkerte na die lig en soms net so verrassend heerlik dat dit voel soos ‘n feesmaal in die aangesig van die teëstanders. Dit is soos om as ‘n eregas aan te sit by die maaltyd wat God die Gasheer voorberei het. Wat jou terugbring by die besef en belydenis, dat die ware doel en sin en betekenis van die lewe, is om God te geniet en in sy teenwoordigheid vir ewig te bly. Wat op die ou end die ware rus en vrede is, dieper as die weivelde en die water en die krag, om maar net by God te wees, diep-tevrede soos ‘n kind. Psalm 23 is dus ‘n feespsalm en ‘n troospsalm. Dit is ‘n psalm vir die lewe en die dood. Dis vir al die seisoene van die lewe. En die waarheid wat in die Psalm opgesluit lê, is dat ons hele lewe altyd by God veilig is.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-23-die-gebed-vir-alle-seisoene-van-die-lewe/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda