Skip to main content

Psalm 119:153-160 – Die wese van u woord is betroubaarheid

22 November

Psalm 119:153-160 – Die wese van u woord is betroubaarheid

ר RESJ 153Sien tog my ellende raak en red my, want u wet vergeet ek nie. 154Behartig my regsaak en verlos my; hou my lewend op grond van u belofte. 155Verlossing bly ver van goddeloses, want hulle streef nie u voorskrifte na nie. 156U ontferming is groot, Here; hou my lewend volgens u beslissings. 157My agtervolgers en teenstanders is baie, maar van u bepalings wyk ek nie af nie. 158Ek het ontroues gesien en dit het my met weersin vervul dat hulle u woord nie onderhou nie. 159Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, Here, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde. 160Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig.

Die waarde van Psalm 119 lê ten diepste in die herhaalde onderstreping van belangrike eienskappe van die openbaring van God:

  • Dat God se beloftes en beslissings lewend maak en daarom getuig van God se troue liefde (verse 154, 156, en 159);
  • Dat die hoofsaak van God se woord waarheid of betroubaarheid is: “Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig.” (vers 160).

Let op hoe ‘n mens hierin iets sien van God se liefde wat nie sonder sy waarheid en betroubaarheid tot sy volle reg kom nie. God se liefde en die liefde vir God bly altyd binne die raamwerk van die waarheid wat Hy geopenbaar het. Die omgekeerde is natuurlik ook waar. God se waarheid word binne die raamwerk van die liefde verwerklik. Let ook op hoeveel erns hy maak met die openbaring van God (positief gestel), want dit is die waarheid:

  • Hy vergeet nie God se wet nie (vers 153).
  • Hy bestudeer God se voorskrifte, anders as die goddeloses (vers 155).
  • Hy wyk nie af van God se bepalings nie, al word hy agtervolg en teengestaan (vers 157).
  • Hy onderhou God se woord, en daarom vul dit hom met weersin as hy sien dat die ontroues dit nie doen nie (vers 158).
  • Hy het God se opdragte lief, en wil hê die Here moet dit raaksien (vers 159).

Die ding wat egter vir my vandag uitstaan in hierdie twintigste deel van Psalm 119 – wat deur die herhaling onderstreep word – is die feit dat die beloftes en beslissings van God IN die ellende van regsake, in die agtervolging en teenstand van goddeloses en ontroues gegee word. Dit is IN die smeltkroes van snedige spotters wat die Psalmis vashou aan die lewe wat uiteindelik kom deur die einste woord wat deur die teenstanders vertrap word.

Daarom dat die Psalmis se gebed is dat die Here sy ellende sal raaksien en hom sal red van die regsaak teen hom – waarskynlik vanweë sy vashou aan die waarheid – in die hoop dat sy vashou aan God se beloftes en beslissings en sy weiering om daarvan af te wyk, deur die Here raakgesien sal word.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-119153-160-resj-die-hoofsaak-van-u-woord-is-waarheid/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda