Johannes 2:1-11 – Jesus bring vreugde en oorvloed deur water in wyn te verander

12 Januarie
Johannes 2:1-11 – Jesus bring vreugde en oorvloed deur water in wyn te verander
1Op die derde dag was daar ‘n bruilofsfees by Kana in Galilea, en Jesus se moeder was daar. 2Ook Jesus en sy dissipels is na die bruilofsfees genooi. 3Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” 4Maar Jesus sê vir haar: “Vrou, waarom pla u My? My uur het nog nie aangebreek nie.” 5Sy moeder sê vir die dienaars: “Doen wat Hy ook al vir julle sê.” 6Daar het, ooreenkomstig die reinigingsgebruike van die Jode, ses klipkanne gestaan wat elk tussen twee en drie metretes (80-120 liter) kon hou. 7Jesus sê toe vir hulle: “Maak die kanne vol water.” En hulle het dit tot bo toe volgemaak. 8Daarop sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en neem dit vir die hoofkelner.” Hulle het dit toe geneem. 9Toe die hoofkelner die water proe wat wyn geword het – hy het nie geweet waar dit vandaan kom nie, hoewel die dienaars wat die water uitgeskep het, geweet het – roep hy die bruidegom 10en sê vir hom: “’n Mens sit eers die goeie wyn voor, en eers wanneer hulle begin dronk word, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou teruggehou.” 11Dit het Jesus by Kana in Galilea gedoen, die begin van sy tekens. Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo.
Johannes vertel vir ons van sewe wonderwerke van Jesus wat tekens is van God se werk wat in Jesus sigbaar raak. 1) Die verandering van wyn in water (Joh 2:1-11). 2) Die genesing van die regeringsamptenaar se seun (Joh 5:18-47). 3) Die genesing van die siek man by die bad van Betsata (Joh 5:1-17). 4) Die vermeerdering van die brood (Joh 6:1-15). 5) Jesus wat op die water loop (Joh 6:16-21). 6) Die genesing van die man wat blind gebore is (Joh 9:1-12). 7) Die opwekking van Lasarus uit die dood (Joh 11:38-44). Daar was uiteraard meer wonderwerke, maar Johannes beskryf hierdie wondertekens: “sodat ons kan glo…” (Joh 20:31). Wonderwerke is dus tekens van God se werk, sodat ons in God kan glo.
In elkeen van hierdie tekens van Jesus lê ‘n belofte wat ons deur geloof kan ontvang. Die verandering van wyn in water wys in die eerste plek op die vreugde en oorvloed wat Jesus bring by ‘n bruilofsfees. Daarmee gee Hy sy goedkeuring van die huwelik as instelling van God (Gen 2:18-25; vgl Matt 19:1-12). Hy tree ook doelbewus binne die protokol van die tyd op deur die eer vir die eerste proe te gee aan die hoofkelner, maar sonder dat hy weet wie vir die wyn verantwoordelik is. Daardeur kan Jesus sorg dat die bruidegom nie in die verleentheid gestel word met die wonder wat Hy vir en namens hom gedoen het nie.
Maar in die tweede plek wys hierdie wonderwerk dat die lewe nie net oor basiese behoeftes gaan nie. God gee immers aan die mense die vermoë om wyn te maak: “wat ‘n mens se hart bly maak” (Ps 104:15). Wyn is daarom ‘n kragtige beeld van die tipe lewe wat God gee, sowel as van die tipe God wat Hy is. God sorg nie net vir die alledaagse behoeftes nie. Soos John Piper sê: “No matter how stoic, unemotional, phlegmatic, laid-back, or poker-faced we may seem to others, there is a child inside of every one of us that God made for exhilaration — for shouting and singing and dancing and playing and skipping and running and jumping and laughing… God is willing to revive us from the heat of Death Valley with the miracle of his water; and make us strong and healthy and stable with the miracle of his milk; and then give us endless and ever-fresh exhilaration with the miracle of his wine.” (The Great Invitation)
Lees meer: https://bybelskool.com/johannes-21-12-jesus-bewys-deernis-sonder-vertoon/
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar