Skip to main content

Jeremia 1:11-19 – Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou

21 Augustus

Die RCL gebruik weer Jeremia 1:4-10 soos vroeër die jaar. Jy kan my vorige bydrae daaroor hier lees: https://bybelskool.com/jeremia-14-10-ek-is-by-jou-om-jou-te-red-ek-le-my-woorde-in-jou-mond/. Ek gebruik vandag dus eerder vers 11-19.

Jeremia 1:11-19 – Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou

11Die woord van die Here het tot my gekom: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien die tak van ‘n amandelboom.” 12Toe sê die Here vir my: “Jy het goed gekyk, want Ek is bedag daarop om my woord uit te voer.” 13Die woord van die Here het ‘n tweede keer tot my gekom: “Wat sien jy?” En ek het geantwoord: “Ek sien ‘n stomende pot – sy inhoud kook van die noordekant af oor.” 14Toe sê die Here vir my: “Uit die noorde sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land. 15Want kyk, Ek gaan al die familiegroepe van die koninkryke in die noorde oproep,” is die uitspraak van die Here, “en hulle sal kom en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van Jerusalem se poorte, en by al haar stadsmure reg rondom, en by al die dorpe van Juda. 16Ek sal my oordele oor hulle uitspreek weens al hulle boosheid – omdat hulle My verlaat het, vir ander gode offers verbrand het en voor hulle handewerk in aanbidding gebuig het. 17Maar jy, jy moet jou heupe omgord, gereedmaak en vir hulle alles gaan sê wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle bang wees nie, anders gee Ek jou ‘n rede om vir hulle bang te wees. 18En Ek, kyk, Ek maak jou vandag ‘n versterkte stad, ‘n ysterpilaar en ‘n koperstadsmuur teen die hele land – die konings van Juda, Jerusalem se hoë amptenare, haar priesters en die volk van die land. 19Hulle sal teen jou veg, maar sal nie die oorhand oor jou kry nie. Want Ek is by jou,” is die uitspraak van die Here, “om jou te red!”

Jeremia se roeping word as ’n gesprek tussen God en Jeremia uitgebeeld, soos meermale die geval was met ander Bybelfigure wat deur God geroep is – Abraham, (Gen 12), Moses (Eks 3), Samuel (1 Sam 3), Jesaja (Jes 6), Esegiël (Eseg 1) ensomeer. Trouens, dié tipe gesprek tipeer hulle verhouding met die Here.  Gesprek met God stempel die pad wat Hy met hulle loop. Wat veral uitstaan uit die eerste deel van sy roeping – vers 1-10 – is dat die Here Jeremia aangestel het as ‘n profeet vir die nasies: “om uit te ruk en af te breek, om ten gronde te laat gaan en plat te slaan, om te bou en te plant.” Jeremia se reaksie daarop was om sy jonkheid as hindernis voor te hou. Die Here is egter nie daardeur van stryk gebring nie en praat hom moed in met twee visioene – vers 11-19.

Die twee visioene bevestig dat God gaan optree (tak van ‘n amandelboom) — God sê letterlik Hy “staan wag” oor sy woorde, om te doen wat Ek gesê het — en dat die oordeel uit die noorde sal kom (die stomende pot). Die leërs van Assirië en Babilon kom natuurlik van die ooste, maar het telkens uit die noorde ingeval om die tog deur die Trans Jordaniese woestyn oos van Juda te vermy.

Die betroubaarheid en sekerheid van God se woorde tref ’n mens opnuut. Die woorde, soos telkens in die res van die profesieë van Jeremia, verwys duidelik na die vloeke en seën van die verbond, soos in Levitikus 26 en Deuteronomium 28 aan die volk voorgehou is. Die seën en die straf word uitgespel in terme van die ekologie, ekonomie, gesondheid, en die politiek.  Dit is die agtergrond en basis vir wat Jeremia regdeur die boek gaan sê.  Die negatiewe kant van die beloftes van Levitikus en Deuteronomium gaan dus hier in vervulling. Dit sal darem opgevolg word met die seën van die Here in ‘n nuwe toekoms, soos veral Jeremia 30-34 sal uitspel.

Aan hierdie roeping word daar daarby ’n persoonlike belofte gekoppel dat die Here Jeremia sal staande hou, uitgedruk met drie metafore: ’n versterkte stad, ’n ysterpilaar, en ’n koperstadsmuur.  Die Here sal by hom wees om hom te red en te sorg dat hy nie oorweldig word nie. “Hulle sal teen jou veg, maar sal nie die oorhand oor jou kry nie. Want Ek is by jou.” Iets wat ons ook vir onsself kan toeëien vir die roeping wat die Here vir ons het.

Lees meer: https://bybelskool.com/jeremia-1-jeremia-geken-gevorm-geheilig-en-gekies/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.